Skip to the content

ATKV-Rieldans skop af

Op Saterdag 3 Augustus skop die ATKV-Rieldans af en gaan daar gedans word dat die stof letterlik staan tydens die eerste ATKV-Rieldans uitdunne wat by Kleinplasie in Worcester plaasvind. 

Rieldansers van Ceres, Paarl, Koo, Barrydale, Prins Albert, Laingsburg, Uitsig, De Doorns, Kranshoek, Zoar, Touwsrivier en Worcester gaan in aksie wees met Angelo Cloete as seremoniemeester.

Vernuftige voetwerk en hope energie is nodig om die riel goed te dans, en daarvan is daar elke jaar volop by die onderskeie uitdunne.

Altesaam vier en twinting spanne neem in die o.14- en o.20-kategorie deel.

Moenie hierdie heerlike kultuurgeleentheid vir oud en jonk misloop nie! Toegangsfooie beloop R20 vir volwassenes, R10 vir kinders en R20 per voertuig.

Hekke open om 09:00 en die kompetisie begin om 10:00. Stalletjies met kos en drinkgoed is beskikbaar.

Hierdie geleentheid word in samewerking met die Kaapse Wynlande munisipaliteit en MTN aangebied.

Vir meer inligting skakel Ronel Vorster by 021 880 1761 of vir Pikkie Louw by 082 556 5880.