Skip to the content

ATKV-tak Cum Laude ontferm hom oor renosters

Renoster F saam met sy mamma.

Die ATKV-tak Cum Laude van Pretoria het hande gevat met die Limpopo Renostersekuriteitsgroep om die kommerwekkende toename in renosterstropery aan te spreek.

Dié tak sal nou alles in die stryd werp om veral kinders bewus te maak van renosters se lot en fondse in te samel om renosters te beskerm.

Volgens Louis Reynders, voorsitter van die ATKV-tak Cum Laude, sal die verlies van renosters en ander wilde diere nie net ’n invloed op die omgewing hê nie, maar ook op ons ekonomie en gemeenskap.

"Lewende renosters is vir ons kinders en hul kinders van meer waarde as renosters wat vir hulle slegs behoue sal bly as herinneringe op fotografiese afbeeldings."

Indien jy by hierdie wonderlike inisiatief wil betrokke raak, kontak gerus vir Louis by admin@atkv-cumlaude.co.za of 081 311 9068.