Skip to the content

Muziq- en Muziqantowenner in aksie by Woordfees

Tydens die glansgeleentheid is van links Bridgitte Mathews, voorsitter van die ATKV-direksie, Bongani Kubheka (wenner van ATKV-Muziqanto), Cameron Williams (wenner van ATKV-Muziq) en Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof: kultuur by die ATKV.

Die ATKV se nasionale musiekkompetisies, Muziq (instrumente) en Muziqanto (sang), bied ’n konsert met van die beste jong Suid-Afrikaanse musiektalent by die US Woordfees in Stellenbosch aan. Die kombinasie van die vokale pryswenner, bariton Bongani Kubheka, en die instrumentale pryswenner, saksofoonspeler Cameron Williams, beloof ’n uitsonderlike fees van musiek. Die soliste sal begelei word deur die pianis Megan-Geoffrey Prins, die wenner van die 2016 Muziq-kompetisie. Prins het reeds etlike plaaslike en buitelandse pryse verower, waaronder eerste pryse by die UNISA 120 jaar Herdenkingskompetisie, die vyfde UNISA Nasionale Klavierkompetisie en die 2017 SAMRO Buitelandse Beurskompetisie. Prins het ook gedurende 2018 sy doktorale studie aan die Cleveland-musiekinstituut met sukses voltooi.

Met: Bongani Kubheka (bariton), Cameron Williams (saksofoon), Megan Geoffrey Prins (klavier)
Vervaardiger: Ilse Schürmann

7 Maart 16:00
60 min | kykNET Endler
R100 tot R140 by Computicket | R160 by die deur