Skip to the content

ATKV-tak Arendsnes reik uit na oues

Jolene Peyper, bestuurder van die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes, saam met oom Hannes Nel (tesourier van die ATKV-tak Arendsnes) en sy vrou, Audrey. 
Jolene Peyper, bestuurder van die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes, saam met oom Hannes Nel (tesourier van die ATKV-tak Arendsnes) en sy vrou, Audrey. 

Die ATKV-tak Arendsnes het onlangs ’n bietjie lig in die lewe van Alzheimer- en ander sorgbehoewende pasiënte by die Roodepoort Sentrum vir Bejaardes (RSVB) gebring.

Dié Wesrandse tak het sonhoede vir die pasiënte aangekoop om hul teen sonbrand te beskerm wanneer hulle ’n bietjie saam met hul versorgers buite gaan stap.

Nog ’n bederf was ’n spesiale toestel wat van die plafon af hang en wanneer die tou aan die toestel getrek word, speel dit die mooiste deuntjies.

Volgens Jolene Peyer, bestuurder van die RSVB, bring hierdie toestel ongekende vreugde en oomblikke van meelewing onder die Alzheimerpasiënte. Die toestelle dra ook daartoe by dat die pasiënte gereeld opkyk wanneer hulle die deuntjies hoor, en hierdie 'opkyk' is iets wat hierdie groep mense selde doen.

Vir meer inligting oor die werksaamhede van die ATKV-tak Arendsnes kontak gerus vir Josef Oosthuizen by 078 456 3860 of stuur ’n e-pos aan josefoosthuizen60@gmail.com.