Skip to the content

Studente kan kom kers opsteek oor taal in die klaskamer

Tydens die sesde ATKV/UJ-meertaligheidsgeleentheid in Soweto kan taal- en onderwysstudente kom kers opsteek oor hoe om die verskillende tale wat
kinders in die klas praat te hanteer?

Volgens Karien Brits, bestuurder: taal by die ATKV, is hierdie die ideale geleentheid om saam met kenners en ander studente te kom dink en praat oor hierdie uitdaging en ook die geleenthede wat dit bied.

Nog ’n interessante onderwerp wat tydens die werkswinkel bespreek sal word, is hoe om boelies in ’n meertalige/multikulturele klaskamer te hanteer.

Dié werkswinkel sal op 20 Februarie 2019 van 10:00 tot 14:00 in die Kopanongsaal op die Universiteit van Johannesburg se Sowetokampus plaasvind. Die werkswinkel is gratis en elkeen sal ’n ATKV-deelnamesertifikaat na afloop van die werkswinkel ontvang.

Vir meer inligting klik hier.

Tolkdiens sal beskikbaar wees. Sien ook die uitnodiging in Zoeloe, Sepedi, Tswana en Engels