Skip to the content

ATKV-Applousfinaal sluit op hoë noot af

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria is as wenner in die afdeling hoërskool prestige: meisies aangewys. Foto: Annemarie Wichmann
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria is as wenner in die afdeling hoërskool prestige: meisies aangewys. Foto: Annemarie Wichmann

Op Saterdag 27 Julie, die laaste dag van die ATKV-Applousfinaal, het kore in die  hoërskool prestige-afdeling vir meisies, seuns en gemengde kore deelgeneem.

Die uitslae is soos volg:

Beste uitvoering van ʼn Afrikalied: Stirling High School

Beste uitvoering van die voorgeskrewe werk: Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria

Beste uitvoering van ʼn Afrikaanse komposisie: Die Hoërskool Menlopark

Hoërskool Prestige: Seuns

Hoër Jongenskool Paarl Goud
Pretoria Boys High School Goud
Paul Roos Gimnasium Goud

Hoërskool Prestige: Meisies

C & N Sekondêre Meisieskool Oranje Goud
Eunice High School Goud
Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria Cum Laude

Hoërskool Prestige: Gemeng

Helpmekaar Kollege Goud
Stirling High School  Cum Laude
Die Hoërskool Menlopark Cum Laude

In die afdeling hoërskool prestige: seuns is Paul Roos Gimnasium as wenner aangewys, met Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria as wenner in die afdeling hoërskool prestige: meisies en Die Hoërskool Menlopark as wenner in die afdeling hoërskool prestige: gemeng.