Skip to the content

Engelstemme bekoor tydens ATKV-Applousfinaal

Die algehele wenner in die afdeling: beste meriete Afrikaanse laerskoolkoor is Laerskool Mooirivier. Foto: Annemarie Wichmann

Die 42ste aanbieding van ATKV-Applous, landswye koorfees vir hoër- en laerskoolkore, vind vanaf 24-27 Julie in Bloemfontein plaas.

Op 24 Julie het die kore in die laerskool meriete-afdeling vir Afrikaans sowel as nie-Afrikaanse kore deelgeneem.

Die uitslae is soos volg:

Laerskool Meriete: Nie-Afrikaanse kore

Curro Aurora Goud
Glenstantia Primary School  Goud
Nuwe Republiek Primêr Silwer
Excelsior Primary School Goud

Beste uitvoering van ʼn Afrikalied: Glenstantia Primary School

Beste uitvoering van die voorgeskrewe werk: Excelsior Primary School

Beste uitvoering van ’n Afrikaanse komposisie: Excelsior Primary School

Laerskool Meriete: Afrikaans kore

Laerskool van Riebeeckpark Silwer
Laerskool Kenridge Goud
Willem Postma Primêre skool Goud
Laerskool Elarduspark Goud
C & N Primêre Meisieskool Oranje Goud
Laerskool Mooirivier Goud

Beste uitvoering van ʼn Afrikalied: C & N Primêre Meisieskool Oranje

Beste uitvoering van die voorgeskrewe werk: Laerskool Elarduspark

Beste uitvoering van ʼn Afrikaanse komposisie: Laerskool Mooirivier

Die algehele wenner in die afdeling: beste meriete Afrikaanse laerskoolkoor is Laerskool Mooirivier van Potchefstroom en die algehele wenner in die afdeling: beste meriete Nie-Afrikaanse laerskoolkoor is Excelsior Primary School van Bellville.