Skip to the content

Komedie-aand net die doepa vir moedeloosheid

Ons word oorval deur negatiewe nuus en sensasie, en wanneer mens die koerant oopmaak of op sosiale media rondblaai, kan jy nie help om effe moedeloos te raak oor die stand van sake nie.

Maar nou kan die Durbaniete hulle maagspiere staal vir ’n aand vol humor wanneer die ATKV-tak Durban en die NG Kerk Suidkus hulle komedie-aand aanbied.

Die grapjas Wynand van Vollenstee (Gielie van Ouboet en Wors) gaan te sien wees in sy eie produksie Gewigtige Saak, en die Getroud met Rugby-aktrise Michelle Botha gaan die gehoor vermaak met haar  Storm in a F Cup.

“Ons het besluit om bietjie humor vir die mense van die Suidkus te bring,” vertel Marietjie Jansen van Rensburg van die ATKV-tak Durban. “Mense kan hul eie mandjies met eet- en drinkgoed bring en lekker saamkuier.” 

Die opbrengs sal aangewend word ten bate van werksaamhede van die NG Kerk Suidkus.  

Die vertoning word op 16 Augustus gehou by Kuswag Skool in Amanzimtoti, en begin om 19h00. 

Kaartjies kos R150 per person, en geen kinders onder 16 word toegelaat nie.

Bespreek teen 31 Julie 2019 by Marietjie Jansen van Rensburg by 082 924 8779 of Carine Rix by 083 440 3537.