Skip to the content

Voortreflike koorsang by die ATKV-Applousfinaal

St Anne’s Diocesan College het koning gekraai in die hoërskool ope afdeling. Foto: Annemarie Wichmann
St Anne’s Diocesan College het koning gekraai in die hoërskool ope afdeling. Foto: Annemarie Wichmann

Vanaf 24 Julie tot 27 Julie tree die room van skoolkore in die Sand du Plessis teater in Bloemfontein op. 

Op Donderdag 25 Julie het kore in die volgende afdelings: laerskool prestige, laerskool ope afdeling en hoërskool ope afdeling deelgeneem.

Die uitslae is soos volg:

Laerskool Ope Afdeling

Loreto School Queenswood Goud
Clarendon Park Primary School Goud
Laerskool Northmead  Silwer

Hoërskool Ope Afdeling

St Anne’s Diocesan College Cum Laude
Hoërskool Nico Malan Goud
St Alban’s College Goud

Laerskool Prestige vir Laerskoolkore

Laerskool Kruinsig Goud
Laerskool Pretoria-Oos Goud
Laerskool Durbanville Goud
Laerskool Gene Louw Cum Laude

Beste uitvoering van ʼn Afrikalied: Laerskool Pretoria-Oos

Beste uitvoering van die voorgeskrewe werk: Laerskool Durbanville

Beste uitvoering van ʼn Afrikaanse komposisie: Laerskool Gene Louw

Loreto School Queenswood is as wenners in die ope afdeling vir laerskoolkore aangewys. St Anne’s Diocesan College het koning gekraai in die hoërskool ope afdeling met Laerskool Gene Louw as wenner in die afdeling: laerskool prestige vir laerskoolkore.