Skip to the content

ATKV-werkswinkel pak die uitdagings van taal in onderwys aan

Dit is belangrik dat leerders se moedertaal in die klaskamer gerespekteer en in ag geneem word. Die ATKV en die Universiteit van Johannesburg het onlangs op UJ se Soweto-kampus ’n praktiese werkswinkel oor taal in onderwys vir taal- en onderwysstudente aangebied. Volgens Karien Brits, bestuurder: taal by die ATKV, was hierdie die ideale geleentheid vir kenners en ander studente om saam te dink en praat oor die uitdagings en ook die geleenthede wat meertaligheid bied.