Skip to the content

ATKV-Mediaveertjies 2019: Wenners aangewys

Verskeie presteerders in die Afrikaanse mediawêreld is Vrydagaand 10 Mei by Katy’s Palace Bar met ’n ATKV-Mediaveertjie bekroon.

Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, het tydens die geleentheid gesê dat die medialandskap ʼn dinamiese, opwindende en dikwels onsekere omgewing is, en sy het erkenning gegee aan die media wat daagliks lewens verryk en verdiep. 

Vanjaar is daar in die volgende kategorieë meegeding: LEES, LUISTER en KYK. Digitale bydraes vorm deel van al drie kategorieë.
 
LUISTER
Die beoordelaars vir hierdie kategorie was: Iris Bester, Rian Cloete en Willemien Marais, met die wenners soos volg:

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

Sue Pyler – Middag op RSG: Ivor Swartz – RSG

Beste insetsel in ’n joernaalprogram

Anna-Marie Jansen van Vuuren – Kanarie se musiek tref emosionele note – RSG

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

Jody Hendricks – Praat saam: Hannah Cornelius-uitspraak – RSG 

Beste insetsel in ’n nuus- of aktualiteitsprogram

Izak du Plessis – Monitor: Ramaphosa-termyn – RSG

Beste joernaalprogram

Veronique van Heyningen – Middag op RSG – RSG

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

Jody Hendricks – Praat saam: Nageboorte-depressie – RSG 

Beste dokumentêre program of programreeks

Martelize Brink – Atlantis: Verlore, gevind – RSG 

Beste insetsel in ’n opvoedkundige program

Hanri Wondergem – Monitor: Skenk jou lyk – RSG 

Beste teks vir ’n radiodrama of -teater

Sophia van Taak – Springgety – RSG 

Beste regisseur van ’n radiodrama of -teater

Renske Jacobs – Kolskoot Visagie – RSG 

Beste aanbieder by ’n gemeenskapsradiostasie

Marilyn Jaars – Hamba Khaya – Radio NFM 98.1

Beste aanbieder by ’n kampusradiostasie

Charonike Nel – Rooiwynsondag – PUKfm 93.6
 
LEES
Die kategorie LEES se beoordelaars was Wilma de Bruin, Elna Rossouw en Kirby van der Merwe met die volgende wenners:

Beste in-diepte artikel

Elsabé Brits – Borskanker: ’n Vrou se intieme verhaal – Netwerk24

Beste ondersoekende joernalistiek

Suzanne Venter – Hospitaal van gruwels – Rapport

Beste persoonlikheidsprofiel

Hanlie Retief – Pieng! Die Glam Guru kan bloos ... – Rapport 

Beste kunste-resensie

Herman Lategan – Laaste woord oor Ingrid Jonker – Rapport

Beste leefstylstorie

Hanlie Retief – Die treurspel in Macassar. My seun is reguit hemel toe – Rapport 

Beste essay, rubriek of opiniestuk

Dap Louw – Ek moes kies tussen my land en my kind – Beeld & Netwerk24

Beste sportartikel

Helene Booyens – Walliese ponies trap diep spore – Landbouweekblad 

Beste gemeenskaps- of plaaslike koerant

Hermanus Times – Redakteur: Daleen Fouché 

Beste kampuskoerant

Die Matie – Redakteur: Annerine Snyman 

KYK
Die VERHALENDE GENRES is beoordeel deur Amee Lekas, Laetitia Pople en Réney Warrington en die volgende persone is as wenners aangewys:

Beste draaiboek vir ’n dramareeks of enkeldrama

Louis Pretorius – Fynskrif – kykNET 

Beste regisseur vir ’n dramareeks of enkeldrama

Nico Scheepers – Die maan val bewusteloos – kykNET

Beste dramareeks of enkeldrama

Louis Pretorius & Albert Snyman – Fynskrif – kykNET

Beste akteur in ’n dramareeks of enkeldrama

Carel Nel – Slaaf – kykNET

Beste aktrise in ’n dramareeks of enkeldrama

Cindy Swanepoel – Fluit fluit – kykNET 

AKTUELE GENRES is beoordeel deur Jan-Jan Joubert, Bettina Wyngaard en Christi van der Westhuizen met die volgende wenners:

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n joernaalprogram

Therese Bam – Kwêla: Marlene le Roux – kykNET

Beste insetsel in ’n joernaalprogram

Linda de Jager – Daar’s ’n plek met Coenie: Moederliefde – VIA

Beste joernaalprogram

Berdene & Janhendrik Burger – Edik van Nantes – kykNET

Beste aanbieder of onderhoudvoerder van ’n nuus- of aktualiteitsprogram

Kabous Meiring – Prontuit – kykNET

Beste insetsel in ’n aktualiteitsprogram

Julie Laurenz – 50/50: Hluhluwe iMfolozi Wildreservaat – SABC 2

Beste nuusinsetsel

Mia Spies – eNuus: Vuil rivier – kykNET

Beste nuus- of aktualiteitsprogram

Pieter Steyn – Prontuit: Zimbabwe grondhervorming – kykNET 

Beste dokumentêre program of programreeks

Mark Saunders – Huisgenoot ware lewensdramas: Ina Bonnette en die Modimolle-monster – VIA

Beste vermaaklikheidsprogram

Jaco Loubser – Tussen ons – kykNET & Kie

Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram

Karen Zoid – Republiek van Zoid-Afrika – kykNET

Dié glansgeleentheid word op 19 Mei om 16:30 op SABC2 uitgesaai.