ATKV-takke vereer vir harde werk
Al is ons lewe die afgelope paar maande op sy kop gedraai en al is die toekoms onseker, het ATKV-takke die afgelope jaar steeds hoop gebring en het hulle steeds ’n verskil in hulle gemeenskappe gemaak.
Dink maar aan ATKV-tak Die Juweel (van Graaff-Reinet) wat op Mandeladag klere ingesamel en in die gemeenskap uitgedeel het. Die ATKV-tak Kliprosie (Beaufort-Wes) het ook sy deel gedoen en gesigmaskers aan die plaaslike ouetehuis oorhandig.
Dit is maar net die oortjies van die seekoei. ATKV-takke speel op vele terreine ’n groot rol binne gemeenskappe in Suid-Afrika en Namibië om gestalte te gee aan die missie en visie van die ATKV. Met van die kleinste tot die grootste projek slaag ATKV-takke daarin om die ATKV se voetspoor te vergroot en ’n Afrikaanse kultuurtuiste vir mense te bied.
Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, sê ATKV-takke is die “uitvoerders” van die ATKV se gemeenskapsbetrokkenheid is. Brits voeg by dié organisasie en veral sy takke het ten doel om ’n katalisator van hoop en verandering in gemeenskappe te word, sodat die gemeenskap homself kan begin transformeer.
“Geluk en dankie aan al die ATKV-takke vir toewyding en verskil wat gemaak word.”
Die ATKV-takke het in al vier fokusareas (taal, kunste, gemeenskap en onderwys) van die ATKV hul stempel afgedruk en die volgende taktoekennings word vanjaar gemaak.
ATKV-takke met ’n baie hoë graad van funksionaliteit:
Gauteng en Limpopo
ATKV-jeugtak Mondjievol en ATKV-tak Vereeniging!
Gauteng en Mpumalanga
ATKV-jeugtak Jonge Bomme en ATKV-tak Arendsnes!
Noordwes, Noord-Kaap en Namibië
ATKV-jeugtak Naba en ATKV-tak Klerksdorp!
Vrystaat
ATKV-jeugtak Vooruit en ATKV-tak Gemeenskapsteater!
Oos- en Suid-Kaap
ATKV-jeugtak Annibrand en ATKV-tak Oudtshoorn & ATKV-tak Sonneblom (deel toekenning)!
KwaZulu-Natal en Oos-Vrystaat
ATKV-jeugtak Vrede Vonk en ATKV-tak Glencoe!
Boland en Karoo
ATKV-jeugtak Calvies en ATKV-tak Wellington!
Die Skiereiland en Weskus
ATKV-jeugtak Parel Vallei en ATKV-tak Overberg!
Noord-Oos-Kaap
ATKV-jeugtak HSD Delf Diep en ATKV-tak Rouxville!
ATKV-takke wat met projekte NASIEBOU of LEES bevorder het:
Gauteng en Limpopo
ATKV-tak Ennerdale Baanbrekers vir ’n leesprojek by die Primêre Skool Mid-Ennerdale.
Gauteng en Mpumalanga
ATKV-tak Comienzo het vir twee weke elke oggend ’n uur lank vir kinders van Randfontein-laerskole gelees.
Noordwes, Noord-Kaap en Namibië
ATKV-tak Kathu het ’n boek met verhale oor die Kalahari gepubliseer.
Vrystaat
ATKV-tak Wesselsbron oorhandig sertifikate – “Dankie dat jy my in Afrikaans bedien” – aan besighede.
Vrystaat
ATKV-tak Philippolis bied ’n lentestap aan om die “inwyding” van die nuwe brug tussen Philippolis en Poding-Tse-Rolo te vier.
KwaZulu-Natal en Oos-Vrystaat
ATKV-tak Empangeni verras ’n enkelma van ses op Mandeladag met ’n nuwe naaldwerkmasjien om haar besigheid uit te brei.
Oos- en Suid-Kaap
ATKV-tak Sommer Net Ons word vereer vir sy holistiese ontwikkeling van gemeenskapslede van Pacaltsdorp.
Boland en Karoo
ATKV-jeugtak Kultuurmafia samel 500 kg se boeke in en oorhandig dit aan drie instellings.
Die Skiereiland en Weskus
ATKV-tak Ubuntu help ’n ander tak om ’n uitstappie vir bejaardes moontlik te maak.
Noord-Oos-Kaap
ATKV-tak Colesberg bied ’n loop vir hoop aan om 150 mense te motiveer en inspireer.
ATKV-takke wat ’n gehalte-projek ten opsigte van die ATKV se vier hooffokusse aanbied: TAAL
Gauteng en Limpopo
ATKV-tak Suid-Gauteng-Spanredenaars vir sy kompetisie wat 440 sprekers en 2400 toeskouers lok.
Gauteng en Mpumalanga
ATKV-tak Vorentoe se Afrikaans vir Almal-projek is met ’n toekenning van die Taalraad vereer vir die bevordering van Afrikaans.
Noordwes, Noord-Kaap en Namibië
ATKV-tak Windhoek bied ’n nasionale skryfskool aan.
Vrystaat
ATKV-tak Jan Brand bied ’n Idioomplakkaatkompetisie aan.
KwaZulu-Natal en Oos-Vrystaat
ATKV-tak Paulpietersburg vereer Corné van Rooyen, skrywer, vir haar tiende boek.
Oos- en Suid-Kaap
ATKV-tak Brandervolts bied produksies vir taalliefhebbers aan met ’n fokus op voorlesing, toneel en sang.
Boland en Karoo
ATKV-gesinstak Worcester bied ’n kreatiewe taal-en-kunskompetisie “Afrikaans, jou lekker ding!” aan.
Die Skiereiland en Weskus
ATKV-tak Atlantis help kinders met leesprobleme met sy Atlantis-leesprojek.
Noord-Oos-Kaap
ATKV-jeugtak Taalkibboets bied ’n Idiome-dag vir die leerders van die Zastron Gekombineerde Skool aan.
Noord-Oos-Kaap
ATKV-jeugtak Prieska se Idiome-skattejag was ’n groot treffer.
ATKV-takke wat ’n gehalte-projek ten opsigte van die ATKV se vier hooffokusse aanbied: KUNSTE
Gauteng en Limpopo
ATKV-tak Waterberg se Waterberg Kunstefees word goed deur 20 naburige skole ondersteun.
Gauteng en Mpumalanga
ATKV-jeugtak Kwinkslag Brigade stel ’n kwartaallikse skoolkoerant bekend.
Noordwes, Noord-Kaap en Namibië
ATKV-tak Duine bied boekbekendstellings aan om skryfkuns te bevorder.
Vrystaat
ATKV-tak Gemeenskapsteater se produksie Hanna lok 2257 teatergangers.
KwaZulu-Natal en Oos-Vrystaat
ATKV-tak Durban hou ’n interkulturele wynproe met Suid-Afrikaanse en Italiaanse wyne.
Oos- en Suid-Kaap
ATKV-tak Kirkwood se koffiewinkel by die Kirkwood Wildsfees het moeë feesgangers met vermaak en versnaperinge gelawe.
Oos- en Suid-Kaap
ATKV-tak Peaat se jaarlikse teaterproduksie slaag daarin om amateur-teater uit te bou.
Boland en Karoo
ATKV-tak Atlantic Stars se jaarlikse gesinskultuurdag lok 700 mense uit die gemeenskap.
Die Skiereiland en Weskus
ATKV-tak Wesbank ondersteun die jeug om by die ATKV se rieldanskompetisie betrokke te raak.
Noord-Oos-Kaap
ATKV-jeugtak Kletsers Sonder Grense laat die vreugde van Paasfees herleef met sy Passiespel.
Noord-Oos-Kaap
ATKV-jeugtak Marlow se Plaasteater samel R39 000 in om die skoolsaal op te knap.
ATKV-takke wat ’n gehalte-projek ten opsigte van die ATKV se vier hooffokusse aanbied: GEMEENSKAP
Gauteng en Limpopo
ATKV-tak Vereeniging se Oophandprojek verskaf hulp aan verskeie instellings.
Gauteng en Mpumalanga
ATKV-jeugtak Kosmosrand se Trippe Trappe Trone, Kouse vir jou Tone-projek samel kouse vir behoeftige kinders in.
Noordwes, Noord-Kaap en Namibië
ATKV-tak Thabazimbi bied Tambotie-tehuiskonserte vir verswakte bejaardes by die Kunstegrot aan.
Vrystaat
ATKV-tak Senekal rig onder meer ’n biblioteek vir Tehuis Westerson in.
Vrystaat
ATKV-tak Ficksburg ontdek ’n gastronomiese wêreld met sy Om die Wêreld-ete.
KwaZulu-Natal en Oos-Vrystaat
ATKV-jeugtak Lekkerjolig hou ’n swierige winterbal om fondse in te samel vir leerders wat nie skoolklere/skryfbehoeftes kan bekostig nie.
Oos- en Suid-Kaap
ATKV-tak Gamtoosvallei bederf “Oudorings” (65 en ouer) tydens ’n gesellige kuieroggend.
ATKV-tak Blinkers vier taal, kuns en kultuur met ’n spogtee.
Boland en Karoo
ATKV-gesinstak Wellington bied ’n kultuurpiekniek en plaashekmark ten bate van Huis Serenata by Arauna aan.
Die Skiereiland en Weskus
ATKV-tak Helderberg bemagtig weerlose vroue van die gemeenskap met projekte.
Noord-Oos-Kaap
ATKV-jeugtak Rhenosterberg spreek saam met ander rolspelers ledigheid onder die jeug in Middelburg aan.
ATKV-takke wat ’n gehalte-projek ten opsigte van die ATKV se vier hooffokusse aanbied: ONDERWYS
Gauteng en Limpopo
ATKV-tak Centurion vereer honderde Afrikaanse leerders met PPS-skouerbande.
Gauteng en Mpumalanga
ATKV-jeugtak Comienzo ondersteun plaaslike skole met hul jaarlikse gemeenskapsdiens en leerdershandleiding.
Noordwes, Noord-Kaap en Namibië
ATKV-Rooiduin gee ’n resepteboek uit waarin al die voorgeskrewe resepte vir Verbruikerstudies in die Noord-Kaap verskyn.
Vrystaat
ATKV-tak Andalusia toets leerders se algemene kennis met ’n prettige kompetisie.
KwaZulu-Natal en Oos-Vrystaat
ATKV-gesinstak Reitz bederf matrieks tydens ’n Matriek-erkenningseremonie.
Oos- en Suid-Kaap
ATKV-tak Langsous vir hul algehele fokus op die welstand van Mosselbaaise leerders.
Boland en Karoo
ATKV-tak Tehilah bied ’n motiveringseminaar vir opvoeders van Touwsrivier aan.
Die Skiereiland en Weskus
ATKV-tak Twaalfuurkop bemagtig onderwysers en leerders met ’n onderwyssimposium.
Noord-Oos-Kaap
ATKV-tak Spandaukop bied in samewerking met Graaff-Reinet se jeugtakke ’n dinamiese beroepsaand aan.