Webinaar: Van tronkvoël tot jeugpastoor
Elkeen se lewe is eintlik soos ’n storieboek. Party se boeke is dun, ander se boeke weer het baie bladsye en hoofstukke.
Ivor Swartz kom van die Gaatjie in Grabouw. Sy pa is vroeg dood. Hulle oudste broer, hulle selfaangestelde “oppasser”, terroriseer die gesin en aand neem Ivor ’n vreeslike besluit wat sy lewe ingrypend verander.
Kom luister tydens die volgende ATKV-DigiGroei-webinaar Saterdag 5 September om 10:00 via Zoom hoe die "verlore seun vannie Gaatjie" sy lewe verander het en nou ’n wesenlike verskil in die samelewing maak.
Die webinaar is oop vir hoërskoolleerders, studente en volwassenes.
Die webinare word opgeneem so indien jy nie aanbieding lewendig kan kyk nie, bespreek steeds plek, betaal die fooi en jy sal die opgeneemde weergawe ontvang na afloop van die webinaar.
Die webinaar kos slegs R80.
BANKBESONDERHEDE
Bank: ABSA
Rekeningnaam: ATKV
Rekeningnommer: 0170166728, tjekrekening
Takkode: 632005
Verwysing: Groei en jou naam en van
Bespreek jou plek deur die bewys van betaling te e-pos aan annemariea@atkv.org.za. Nadat die bewys van betaling ontvang is, sal Annemarie Alberts vir jou ’n Zoom-skakel stuur wat jy kan gebruik om toegang tot die webinaar te verkry.
Besprekings vir die webinaar sluit op Vrydag 4 September 2020 om 17:00.
Nadat jy hierdie webinaar bygewoon het, sal jy ook ’n bywoningsembleem elektronies ontvang, wat reg deur die reeks as ’n aandenking versamel kan word.
Hou die ATKV se sosiale media dop vir meer inligting oor die volgende DigiGroei-webinaar.