Skip to the content

Kies jou gratis boek nou!

Lekker Afrikaanse boeke is deel van ons kultuur en daarom kan ATKV-lede elke jaar na ’n gratis boek uitsien.

Dit is nou tyd om jou gratis boek te kies.

Vanjaar het jy 14 boeke om uit te kies. Daar is iets vir almal: die jong klomp, die romantiese siele, die kokke en selfs die rusbankspeurders.

Loer gerus hier na die boeke wat beskikbaar is:

JY MOET JOU KEUSE TEEN WOENSDAG 9 DESEMBER om 17:00 maak.

Het jy ’n boek gekies? Klik dan op https://lede.atkv.org.za/.

Indien jy reeds op die ATKV-ledeplatform geregistreer het en ’n wagwoord het, kan jy nou inteken. 

Indien jy nie het nie, volg die volgende stappe:

Klik op “Gebruikersnaam vergeet”.

Vul jou e-posadres in. Dit sal die e-posadres wees wat jy gebruik het toe jy ’n ATKV-lid geword het. Indien jy nie meer toegang toe die e-posadres het nie, skakel 011 919 9000.

Wanneer jy ’n e-pos met jou gebruikersnaam ontvang het, vul dit in die “gebruikersnaam”-spasie in. 

Klik dan op “wagwoord vergeet”.

Jy sal nou die nodige stappe volg om ’n nuwe wagwoord te skep.

Gebruik dus voortaan die wagwoord saam met jou e-posadres om toegang tot dié platform te kry.

Sodra jy ingeteken het, klik op "Bestel jou gratis boek hier".

Jy sal gevra word om jou kontakbesonderhede op te dateer. Dit is natuurlik om seker te maak jou gratis boek kom by jou uit.

Sodra jy dit gedoen het, kan jy jou gratis boek kies. ’n Sinopsis van die boeke is ook op die blad beskikbaar, asook ’n skakel wat jou na die volledige omskrywing van die boek sal lei.

Kies nou jou boek! Lekker lees!

* Jy kan ook 011 919 9000 skakel om vir ons jou keuse deur te gee.