Skip to the content

LAPA Uitgewers aan Penguin Random House verkoop

Die ATKV is daagliks besig om op ’n pro-aktiewe en volhoubare wyse om te sien na die diverse Afrikaanssprekende gemeenskap se taal- en kultuurbehoeftes in Suid-Afrika.

Die verandering in die eksterne omgewing stel deurlopende eise aan die ATKV om aan te pas en te innoveer tot voordeel van die lede.

Die ATKV het LAPA Uitgewers, ’n filiaal van die ATKV, aan Penguin Random House verkoop. Vanaf einde Februarie sal LAPA Uitgewers nie meer onder die ATKV ressorteer nie.*

Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, sê hierdie besluit is tot voordeel van Afrikaans geneem. Brits glo dat hierdie ’n geleentheid is om vir Afrikaanse skrywers ’n groter voetspoor in die internasionale mark te gee.

Die voordele wat die ATKV-lede geniet, word nie deur hierdie proses beïnvloed nie en ATKV-lede sal steeds jaarliks na ’n gratis boek kan uitsien.

Die ATKV spreek graag die wens uit dat LAPA Uitgewers steeds onder Penguin Random House net van krag tot krag sal gaan.

* Die bepalings en voorwaardes van die ooreenkoms is nie bekend gemaak nie. Die transaksie sal einde Februarie 2020 finaal beklink word, onderhewig aan die nakoming van alle vereistes.