Skip to the content

Is jou Afrikaans tops? Skryf in en wen

Is jy daardie mens wat graag vir ander daarop wys dat hulle verkeerd spel, taalreëls op die palm van jou hand ken en ’n oorval kry oor die swak Afrikaans wat mense besig? Dan het ons net die kompetisie vir jou.

Kom wys jou slag saam met Beter Afrikaans ter viering van Moedertaalmaand in Februarie.

Nie net kan jy as die Afrikaanskampioen gekroon word nie, maar jy sal ook met 'n prys of twee kan wegstap.

Die kompetisie strek van 10 tot 14 Februarie 2020 en jy sal elke dag 'n kort toets met meervoudigekeusevrae moet antwoord.

Om vir die pryse in aanmerking te kom, moet die toets elke dag voltooi word.

Die wenner sal op 21 Februarie 2020 (Internasionale Moedertaaldag) bekend gemaak word.

Om deel te neem:

  1. Laai Beter Afrikaans se toepassing op jou foon af of besoek www.beterafrikaans.co.za

  2. Skep jou profiel.

  3. Gaan na "Groepe".

  4. Klik op "Sluit aan".

  5. Vul die toegangskode BAZA7tzAP7qcadC en jou naam in.

  6. Wanneer jy klaar aangesluit het, stuur jou naam, van en e-posadres na Mandie Ehlers by mandiee@atkv.org.za. Jy is nou reg om aan die kompetisie deel te neem.
    Vir meer inligting skakel Mandie Ehlers by 011 919 9018 of stuur 'n e-pos aan mandiee@atkv.org.za