Skip to the content

ATKV-DigiPraat: Inskrywings se standaard beïndruk

Die standaard van inskrywings vir ATKV-DigiPraat was so hoog dat beoordelaars behoorlik moes kopkrap oor die uitslae.

Een ding is seker: Dié kompetisie het gewys dat deelnemers hulle sê in Afrikaans met selfvertroue sê. 

Jong mense van heinde en verre het hierdie geleentheid aangegryp en die inskrywings het ingestroom.

Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof: taal en kultuur, sê die aantal inskrywings onderstreep dat die leiers van môre nie skroom om geleenthede aan te gryp om hulle mening te lug oor aktuele sake nie.

“Geluk aan elke deelnemer en baie dankie vir die tyd en moeite wat gedoen is met die voorbereiding, opnames en die instuur van toesprake.”

Die ATKV sal individueel met deelnemers oor die uitslae kommunikeer en sertifikate sal per e-pos aan deelnemers gestuur word.

ATKV-DigiPraat is een van agt projekte wat aanlyn aangebied word. Klik hier vir meer DigiProjekte.