Webinaar: Word ’n beter leier – by die huis, skool en werk
Leierskap is soos ’n muur en belangrike eienskappe waaroor leiers moet beskik, is die boustene. As die fondament wankel of boustene nie met sorg gelê is nie, kan die hele spulletjie omval.
Hoe lyk jou leierskapsmuur?
Kom vind uit by die volgende ATKV-DigiGroei-webinaar via Zoom Donderdag 16 Julie 2020 om 16:00. Ons gesels oor leierskap by die huis, skool en in die werkplek.
G.P. van Rheede van Oudtshoorn, ’n konsultant en spreker wat spesialiseer in korporatiewe kommunikasie en veral fokus op strategiese, bestuurs- en spankommunikasie, gaan wenke gee oor hoe om beter met jou span te kommunikeer.
As fasiliteerder werk hy gereeld met spanne om uitdagings rondom gedeelde visie, strategiese dryfvere en organisatoriese kultuur kreatief en konkreet aan te spreek.
Tarien Steinberg, ’n honneursstudent aan die Noordwes-Universiteit, gaan haar persoonlike reis deel oor die pad wat sy met leierskapvorming gestap het.
Die webinaar is oop vir hoërskoolleerders, studente en volwassenes.
Nadat jy hierdie webinaar bygewoon het, sal jy ook ’n bywoningsembleem elektronies ontvang, wat reg deur die reeks as ’n aandenking versamel kan word.
Die webinaar kos slegs R80.
Kliek hier om te registreer.
Besprekings vir die webinaar sluit op Donderdag 16 Julie 2020 om 10:00. Wanneer jy klaar geregistreer het en die bewys van betaling ontvang is, sal Annemarie Alberts vir jou ’n Zoom-skakel stuur wat jy kan gebruik om toegang tot die webinaar te verkry.
BANKBESONDERHEDE
Bank: ABSA
Rekeningnaam: ATKV
Rekeningnommer: 0170166728, tjekrekening
Takkode: 632005
Verwysing: Groei en jou naam en van
Plek is beperk. Registreer en bespreek jou plek dus nou om teleurstelling te voorkom.
Hou die ATKV se sosiale media dop vir meer inligting oor die volgende DigiGroei-webinaar.
Die ATKV wil graag jou opinie oor leierskap hoor!