DigiKuns: Kom wys jou kreatiwiteit
Te midde van die Covid-19-pandemie, besef die ATKV opnuut dat die volhoubare ontwikkeling van kuns en kultuur kernbelangrik is vir ’n gesonde samelewing.
Navorsing het herhaaldelik bewys dat kreatiwiteit positiwiteit ’n hupstoot gee. Iets waarvan ons almal – oud en jonk – nou ’n groot dosis nodig het.
DigiKuns is ’n opwindende, nuwe digitale kunsplatform wat ’n unieke, kreatiewe uitdaging aan laer-, hoërskoolleerders, studente, volwassenes en senior burgers binne en buite Suid-Afrika se landsgrense stel.
Deelnemers word gevra om ’n Afrikaanse gedig te kies en ’n visuele interpretasie daarvan te skep in die vorm van ’n oorspronklike kunswerk.
Jy kan enige gedig kies en jou dan verloor in een van die volgende kunsmediums:
- Verf
- Teken
- Collage
- Beeldhouwerk
- Fotografie
- Oorspronklike digitale illustrasie
Inskrywingsgeld beloop slegs R50 per kunswerk.
Alle inskrywings moet die ATKV teen 24 Julie bereik deur die digitale inskrywingstelsel op die ATKV se webwerf.
Besoek die webwerf wanneer jy gereed is om jou inskrywing te stuur en lees meer hier oor die fynere besonderhede rakende DigiKuns.
Kom wys jou artistieke slag sodat jy deel kan neem aan hierdie buitengewone kunstige en kulturele ervaring, enig in sy soort.