ATKV-Tienertoneelwebinaar
Kom leer by 'Fynskrif' se Katrien oor speltegniek
Hoe voel jy gemaklik en veilig voor hierdie opwindende avontuur van toneelspel vóór jy begin repeteer?
Cintaine Schutte se liefde vir toneel het begin by die ATKV-Tienertoneelkompetisie en nou word sy landwyd bekroon vir haar spel. Cintaine is gereeld op TV en toe jy nog kon bespreek vir ’n vertoning by ’n kunstefees sou jy haar ook daar in aksie kon sien.
Cintaine gaan spesifiek fokus op spel en speltegniek om jou gemaklik te laat voel binne ’n rol voordat jy dit vertolk.
Sy gaan kyk na:
- Basiese stappe wat jy kan volg om die regte teks te kies;
- Hoe om die teks te analiseer;
- Hoe om daarvoor voor te berei; en
- Hoe om ’n volronde karakter te bou en lewendig te maak in die wêreld wat jy vir jou karakter gaan skep.
Meer oor Cintaine:
In 2008 verwerf Cintaine haar dramagraad aan die Universiteit Stellenbosch en in 2009 haar honneursgraad in toneelspel aan die Universiteit van Kaapstad.
Sy was te sien in verskeie teaterproduksies onder meer Nagwond, Droom, Die Seemeeu, Amper Vrystaat en Die dinge van 'n kind.
Sy het ook as produksiebestuurder opgetree vir Saartjie Botha se teaterstuk Balbesit, Jaco Bouwer se In Ongenade, sowel as Christiaan Olwagen se So ry Miss Daisy. Sy skep ook haar eie werk as vervaardiger van verskillende projekte.
Cintaine ontvang die Kanna-toekenning vir beste vroulike byspeler vir haar rolle in Moeder Moed en haar kinders en Die Seemeeu by die KKNK, asook ’n WoordTrofee vir haar spel in Drif en word as die beste aktrise vir Tien Duisend Ton by die Toyata US Woordfees aangewys.
Sy wen beste aktrise in ’n solo-vertoning by die Aardklop Kunstefees vir haar werk in Die dinge van ’n kind. Sy ontvang ook ’n Fleur Du Cap-toekenning, sowel as The Rapid Lion Award as beste byspeler vir haar rol as Masja in Die Seemeeu. Sy is ook benoem vir ’n SAFTA vir Masja.
Cintaine doen gereeld radio-dramas vir RSG en is te sien in rolprente en televisiereekse soos Knysna, Sonskyn Beperk, Die Byl en Fynskrif.
Kom groei saam en skaaf aan jou karakter en storie wat jy wil vertel!
WEBINAARBESONDERHEDE:
Die webinaar vind plaas op Saterdag 27 Junie om 10:00.
Die koste verbonde aan die webinaar is slegs R80.
Deponeer asseblief jou R80 in die ATKV se rekening met die korrekte verwysing en e-pos jou bewys van betaling na jj@atkv.org.za.
JJ sal dan vir jou ’n uitnodiging na die ZOOM-webinaar stuur.
Bankbesonderhede:
Bank: ABSA
Rekeningnaam: ATKV
Rekeningnommer: 0170166728, tjekrekening
Takkode: 632005
Verwysing: TTWEB3 + Naam en Van