Tienertoneelwebinaar: Hoe skryf ek ’n goeie storie?
Wat maak ‘n storie goed?
Hoe hou ek my storie vars, oorspronklik, onvoorspelbaar, maar hou ek ook by goeie soliede storiestruktuur?
Dit is die soort vrae wat ‘n skrywer homself vra voordat hy begin skryf.
‘n Akteur wil op sy beurt weet, is hierdie teks goed?
Hoe kies ek my rolle? Gaan hierdie teks die gehoorlid prikkel, intrek en gevange hou?
Henrietta Gryffenberg kom beantwoord hierdie vrae in ’n webinaar op 20 Junie om 10:00.
Sy deel inspirasie uit Bill Johnson se boek A story is a promise en fokus verder op die storiebeginsels van die drie bedryfstruktuur wat vir enige storie geld.
Henrietta se ervaring oor 30 jaar as akteur en skrywer, maak van haar die ideale persoon om dié webinaar aan te bied.
Sy het BA (Drama) 1982-1984 aan die Universiteit van Pretoria studeer waar sy in 1983 die Don Lamprecht-beurs vir mees belowende dramastudent ontvang het.
Teen die einde van 1986 begin sy werk as produksie-sekretaresse by Goeiemôre, Suid-Afrika waar sy assisteer met die verpakking en uitsaai van nuusbulletins.
In 1988 word sy bevorder tot tegniese regisseur vir Goeiemôre, Suid-Afrika.
Haar eerste groot rol vir TV was as Karen Hattingh in Sonkring.
Sy word ’n huishoudelike naam nadat sy haar by M-Net aansluit as kontinuïteitsaanbieder.
Haar mees onlangse teaterwerk was in die produksie Die vermoeienis van vlerke met Sylvaine Strike as regisseur. Hierdie stuk het onlangs op die 2020 Woordfees geopen.
Haar mees onlangse TV-werk was as die ma van die hoofkarakter in Tydelik Terminaal.
Henrietta werk tans as die hoofskrywer op die verwerking van Marita van den Vyfer se boek Die dinge van ‘n kind en mentor die skrywer Elanie Rupping met die verwerking van die boek en die episodes. Hierdie 10 episode-vervolgreeks is geskeduleer vir verfilming in 2021.
Sy werk ook tans saam met Sallas de Jager aan ’n projek getiteld Pulse – ’n aksieriller wat handel oor ’n elektro-magnetiese ontploffing wat ’n klomp gaming-ontwikkelaars in ’n gebou vasvang.
Hierdie webinaar mag jy nie misloop nie!
WEBINAARBESONDERHEDE:
Die webinaar vind plaas op Saterdag 20 Junie om 10:00.
Die koste verbonde aan die webinaar is slegs R80.
Deponeer asseblief jou R80 in die ATKV se rekening met die korrekte verwysing en e-pos jou bewys van betaling na jj@atkv.org.za.
JJ sal dan vir jou ’n uitnodiging na die ZOOM-webinaar stuur.
Bankbesonderhede:
Bank: ABSA
Rekeningnaam: ATKV
Rekeningnommer: 0170166728, tjekrekening
Takkode: 632005
Verwysing: TTWEB2 + Naam en Van