Webinaar: Amalia Uys wil jou help verhoogvrees oorkom
Amalia Uys is ’n vars briesie op vanjaar se ATKV-Tienertoneelbeoordelaarspaneel en sy gaan haar grootste les in die industrie met jou deel tydens haar webinaar op 4 Julie.
As kunstenaars is ons kanale vir kreatiwiteit en dit is belangrik om te leer hoe om daardie kanale oop te hou. Kom raak ook ontslae van verhoogvrees.
Meer oor Amalia:
Amalia gradueer in 2006 met ’n BA Drama-graad aan die Universiteit Stellenbosch en val sommer dieselfde jaar in by die bekende sepie 7de Laan vir SABC, waarvan sy vir meer as agt jaar deel was.
Amalia het ook in KykNET-sepies (Binnelanders en Suidooster) rolle vertolk, asook in verskeie plaaslike en internasionale advertensies, televisiereekse, films en verhoogproduksies.
Sy vertolk die hoofrol Femme Fatale in Karoo Films se film noir Double Echo en die ondersteunende rol in die veelbekroonde Sink.
Amalia werk ook agter die skerms as ’n kostuumontwerper en gardrobebestuurder vir die rolprent Last Broken Darkness en dan was Amalia ook een van die vervaardigers van die aksieriller Jagveld, geskryf deur Deon Meyer.
Amalia is ook ’n gewilde aanbieder vir Pasella en meer onlangs Trap! Dis my huis!
Haar nuutste verhoogwerk is Mirre en Aalwyn onder leiding van Nicola Hanekom wat tydens die KKNK 2020 sou debuteer.
Kom ontspan en rat jouself vir jou volgende verhoogbuiging.
WEBINAARBESONDERHEDE:
Die webinaar vind plaas op Saterdag 4 Julie om 10:00.
Die koste verbonde aan die webinaar is slegs R80.
Deponeer asseblief jou R80 in die ATKV se rekening met die korrekte verwysing en e-pos jou bewys van betaling na jj@atkv.org.za.
JJ sal dan vir jou ’n uitnodiging na die ZOOM-webinaar stuur.
Bankbesonderhede:
Bank: ABSA
Rekeningnaam: ATKV
Rekeningnommer: 0170166728, tjekrekening
Takkode: 632005
Verwysing: TTWEB5 + Naam en Van