Webinaar: Kom leer by 'Fynskrif'-akteur oor kamerawerk
Dis nie aldag dat jy die geleentheid kry nie om by Suid-Afrika se gunstelingnarkotiseur Jaco Kruger in Fynskrif, beter bekend as Jacques Bessenger, te leer oor die basiese beginsels van kameraspel.
Jacques Bessenger is een van vanjaar se ATKV-Tienertoneelbeoordelaars.
Kom leer by Jacques oor die basiese idee van wat kameraspel is.
Wat verg dit om voor ’n kamera te staan? Wat gebeur met jou wanneer jy voor die kamera staan en hoe moet jy jouself as akteur aanpas vir hierdie spesifieke medium?
Jacques deel praktiese wenke en neem jou deur ’n proses om jou gemaklik te maak vir die opname van jou monoloog of enige opname voor die kamera.
Meer oor Jacques Bessenger:
Jacques Bessenger is die bekendste vir sy rol as Renier in die gewilde televisiedramareeks, Erfsondes, wat aan hom ’n ATKV-Mediaveertjie vir beste akteur in ’n dramareeks besorg het.
In 2012 het hy ook die NuMetro/kykNET-Silwerskermtoekenning ontvang vir sy uitbeelding van Robert McLachlan in die bekroonde film, Verraaiers.
Ander filmwerk sluit in Kanarie, Krotoa, Sink, Ballade vir ’n enkeling, Wolwedans in die skemer en Modder en bloed.
Hy het ook al ’n draai gemaak in ’n paar sepies soos 7de Laan, Villa Rosa, Binnelanders, Isidingo en Generations.
Verder is hy bekend vir sy werk in Madiba, Warrior, Song vir Katryn, Fluiters, Fynskrif en Dwaalster.
Jacques was ook te sien in teaterproduksies soos The Crucible, Marat/Sade, The Zoo Story, Die Afrikaner 300, The Quiet Violence of Dreams, So ry Miss Daisy en die Kanna-bekroonde Buiteland/NewFoundLand.
Staan gemaklik voor die kameralens en leer van die beste in die industrie.
WEBINAARBESONDERHEDE:
Die webinaar vind plaas op Saterdag 4 Julie om 13:00.
Die koste verbonde aan die webinaar is slegs R80.
Deponeer asseblief jou R80 in die ATKV se rekening met die korrekte verwysing en e-pos jou bewys van betaling na jj@atkv.org.za.
JJ sal dan vir jou ’n uitnodiging na die ZOOM-webinaar stuur.
Bankbesonderhede:
Bank: ABSA
Rekeningnaam: ATKV
Rekeningnommer: 0170166728, tjekrekening
Takkode: 632005
Verwysing: TTWEB6 + Naam en Van