Webinaar: Kry jou koor só aan die oefen
Die inperkingsmaatreëls weens die Covid-19-pandemie is moeilik vir almal, maar veral vir koorleiers wat so graag wil werk, maar wie se hande afgekap is. Of is dit?
ATKV-Applous het raad om die frustrasie minder te maak en jou koor weer aan die oefen te kry.
Ons beplan twee webinare saam met Charlotte Botha, Michael Barrett en Antoinette Nightingale.
Webinaar 1: Hoe rig ek my koor aanlyn af?
Saterdag 20 Junie 2020 van 16:00 tot 17:00.
‘n Webinaar propvol praktiese wenke vir onervare aanlyn afrigters. Die tegniese aspekte van so ’n aanlyn sessie sal ook onder die loep kom.
Sluitingsdatum: 17 Junie
Webinaar 2:
Saterdag 27 Junie 2020 van 16:00 tot 17:00.
Ons gesels oor die volgende temas:
Repertorium
Hoe om aanlyn te oefen
Toerusting vir koorleiers
Is goeie intonasie moontlik
Harde werk of prettige aktiwiteit?
Sluitingsdatum: 24 Junie
Die paneel sal by albei webinare wees om mekaar aan te vul.
Indien jy reeds kreatiewe en opwindende dinge gedoen het, skryf in sodat ons by mekaar kan leer.
Indien jy nog nooit deel van ’n webinaar was nie en nie weet hoe dit werk nie, is jy welkom om jou 20 Junie om 15:45 reeds by ons aan te sluit sodat ons kan seker maak dat jy reg is om saam te leer.
Kyk ook sommer die YouTube-video wat mooi verduidelik hoe Zoom werk.
Koste beloop R80 per per webinaar, betaalbaar in die ATKV se bankrekening met die volgende verwysing:
Bank: ABSA
Rekeningnaam: ATKV
Rekeningnommer: 0170166728, tjekrekening
Takkode: 632005
Verwysing: Applous + Naam en Van