Skip to the content

Webinaar: Moenie dat angs jou onderkry

Die Covid-19-pandemie het die lewe soos ons dit geken het, heeltemal verander. Toekomsplanne lê en stof vergaar. ’n Mens kan nie help om te wonder hoe die skooljaar daarna gaan uitsien nie. En dan is daar natuurlik die angs wat ’n mens soms wil oorweldig.

Met die eerste ATKV-DigiGroei-webinaar via Zoom op Donderdag 11 Junie 2020 om 17:00 klop ons by kenners aan om te hoor hoe jy jou angs beter kan bestuur.

Hoewel die webinaar spesifiek vir hoërskoolleerders is, is dit oop vir enige belangstellendes, studente en selfs ouers.

Riza van der Merwe-Botha, n opvoedkundige sielkundige met ’n spesifieke belangstelling in neuropsigologie, en Claudina Hafenscher, ’n opvoedkundige kinesioloog (leer deur beweging), gaan jou toerus om die nuwe normaal met selfvertroue aan te pak.

“Met die Covid-19-pandemie wil dit voorkom of angsvlakke die hoogte ingeskiet het. Dit maak dit noodsaaklik dat kinders bemagtig word deur hulle te help om effektiewe angshanteringsvaardighede aan te leer, wat hulle ook in die toekoms van waarde kan wees,” sê Riza.

Nadat jy hierdie webinaar bygewoon het, sal jy ook ’n bywoningsembleem elektronies ontvang wat reg deur die reeks as ’n aandenking versamel kan word.

Die webinaar kos slegs R80. Maak seker dat jy jou kontakbesonderhede en die bewys van betaling aan annemariea@atkv.org.za stuur. Besprekings vir die webinaar sluit op Donderdag 11 Junie 2020 om 10:00. Wanneer die bewys van betaling ontvang is, sal Annemarie vir jou ’n Zoom-skakel stuur wat jy kan gebruik om toegang tot die webinaar te verkry.

BANKBESONDERHEDE:

Bank: ABSA
Rekeningnaam: ATKV
Rekeningnommer: 0170166728, tjekrekening
Takkode: 632005  
Verwysing: Groei en jou naam

Plek is beperk. Bespreek dus nou om teleurstelling te voorkom.

Hier die is die eerste van nog baie webinare. Hou die ATKV se sosiale media dop vir meer inligting oor die volgende DigiGroei-webinaar.