Skip to the content

ATKV-projekte: 'Ons sien uit na die toekoms'

Die ATKV-MSW besef dat die koronavirus groot uitdagings aan ouers, onderwysers en leerders stel.

Die ATKV het onlangs bekend gemaak dat van ons nasionale projekte nie vanjaar sal kan plaasvind nie.

Volgens Sonél Brits, besturende direkteur van ATKV-MSW, weet ATKV-personeel dat hierdie aankondiging vir baie deelnemers teleurstellend was.

"Ons is hard aan die werk om te verseker dat sodra dinge weer na normaal toe terugkeer ons kan voortgaan met die aanbied van die projekte."

Deurlopende navrae word aan ATKV-projekorganiseerders gerig waarom projekte wat vir die eerste deel van die jaar geskeduleer was, nie net geskuif kan word nie.

"Dankie vir hierdie navrae. Dit is egter nie moontlik om ’n alternatiewe datum vir die aanbied van ons projekte te vind nie. Daar is heelwat faktore wat hierdie besluit beïnvloed, soos bv. die skole se eie jaarprogram, eksamendatums en ander kompetisies.

"Ons bedank elkeen vir julle ondersteuning en begrip in hierdie onseker tyd.

"Ons sien uit na nuwe geleenthede in die toekoms."

Vir meer inligting oor die projekte wat vir die tweede helfte van die jaar beplan word, lees gerus hier meer.