Skip to the content

Hoërskoolleerders, wys jou slag in Afrikaans

Aandag alle hoërskoolleerders! Kom wys jou slag met Afrikaans!

Neem deel aan Beter Afrikaans se heel eerste skolekompetisie. Nie net kan jy as die Afrikaanskampioen gekroon word nie, maar jy sal ook met ’n prys of twee kan wegstap.

Die kompetisie strek van 9 tot 13 Maart 2020 en jy sal elke dag ’n kort toets met meervoudigekeusevrae moet antwoord. Om vir die pryse in aanmerking te kom, moet die toets elke dag voltooi word.

Die wenner sal op 20 Maart 2020 bekend gemaak word.

Om deel te neem:

1. Laai Beter Afrikaans se toepassing op jou foon af of besoek www.beterafrikaans.co.za

2. Skep jou profiel.

3. Gaan na “Groepe”.

4. Klik op “Sluit aan”.

5. Vul die toegangskode BAZANHurtQj4g4i en jou naam in.

6. Indien jy klaar aangesluit het, stuur jou naam, van en koerieradres na Mandie Ehlers by mandiee@atkv.org.za.

Jy is nou reg om aan die kompetisie deel te neem.

Vir meer inligting skakel Mandie Ehlers by 011 919 9018 of stuur ’n e-pos aan mandiee@atkv.org.za.