Skip to the content

Toyota US Woordfees: VVA-program

Die Vriende vir Afrikaans (VVA), ’n divisie van die ATKV, is ’n groep mense wat werk vir Afrikaans. As ’n mens hul program by die Toyota US Woordfees bestudeer, gaan daar beslis van 9 tot 12 Maart gewérk word.

Maak ’n knoop in jou oor en woon een of sommer al die aktiwiteite by.

9 (15:00), 11 (15:30) & 13 Maart (15:30) – Visuele Kuns: Kinderrondleiding
Stellenbosch Stadsaal (Gratis)
Moontlik gemaak deur die VVA.
Bring die kinders saam en kom kyk na die uitstallings by die US Konservatorium, aangebied deur Ilana Maree (PJ Olivier Kunsgallery).

10 Maart – 10:30-11:30, Onze Taal – Nederlands tot Afrikaans
Adam Small Seminaarkamer (Gratis)
Ondersteun deur die VVA en ATKV.
Onze Taal – die verhouding tussen Nederlands en sy aantreklike “niggie”. Onze Taal is ’n vereniging vir taalliefhebbers in Nederland wat ook ’n spesiale belangstelling toon in Afrikaans, wat Nederlanders graag beskou as ’n aantreklike “niggie”. Prof. Carel Jansen, voorsitter van die Onze Taal-bestuur, gesels oor die rol van Onze Taal op Nederlandse taalgebied en oor wat vir die toekoms voorlê.

11 Maart – 14:00-17:00 WOW, Voorleesslypskool
Vir ouers, kleuter- en laerskoolopvoeders en belangstellendes.
Weber Gedenk Skoolsaal, Jamestown (Gratis)
In samewerking met die VVA.
Kom gesels saam met Chareldine van der Merwe (VVA) en Mandie Ehlers (ATKV) oor hoe ’n mens ’n liefde vir boeke by kinders kweek. Hulle bespreek ook die waarde van boeke en voorlees. Nicolette van den Heever (Doen en Leer: Leesondersteuningspesialis) gesels oor die belangrikheid van vroeë kinderontwikkeling vir lees- en leergereedheid.
Navrae en besprekings vir die voorleeswerkswinkel by chareldinev@vva.atkv.org.za.

 

comments powered by Disqus