Skip to the content

Hoe goed is jou Afrikaans?

Kom wys jou slag met Afrikaans!

Nie net kan jy as die Afrikaanskampioen gekroon word nie, maar jy sal ook met ’n prys of twee kan wegstap.

Die kompetisie strek van 11 tot 15 Mei 2020 en jy sal elke dag ’n kort toets met meervoudigekeusevrae moet beantwoord. Om vir die pryse in aanmerking te kom, moet die toets elke dag voltooi word.

Die wenner sal op 20 Mei 2020 bekend gemaak word.

Om deel te neem:

  1. Laai Beter Afrikaans se toepassing op jou foon af of besoek www.beterafrikaans.co.za
  2. Skep jou profiel.
  3. Gaan na “Groepe”.
  4. Klik op “Sluit aan”.
  5. Vul die toegangskode BAZATKz6ZMbbDZ2 en jou naam in.
  6. Indien jy klaar aangesluit het, stuur jou naam, van en koerieradres na Mandie Ehlers by mandiee@atkv.org.za (indien jy nie hierdie stap volg nie kan jy nie in aanmerking kom nie).

Jy is nou reg om aan die kompetisie deel te neem.

Vir meer inligting stuur ’n e-pos aan mandiee@atkv.org.za.

*Alle pryse sal gekoerier word ná die grendelperiode.