ATKV-lede, bespreek oordvakansie nou aanlyn
Om die besprekingsproses vir ATKV-lede te vergemaklik, kan jy vanaf 3 November uitsien na ’n vinniger en geriefliker manier om besprekings by ATKV-oorde af te handel.
Ledebesprekings is binnekort so maklik soos een, twee, drie. Lede kan nou met hul lidnommer aanteken, aanbiedings besigtig en besprekings afhandel.
Met die nuwe stelsel gaan jy dadelik die lidtarief sien en jou bespreking kan doen. Jy sal ook jou adresbesonderhede kan opdateer, die Taalgenoot digitaal lees, kommunikasievoorkeure verander en selfs op die hoogte van jou rekening bly.
As deel van die bekendstelling van die stelsel aan lede, bied die ATKV-oorde vir lede ’n addisionele 20%-afslag bo-op die lidtarief, vir enige bespreking met ’n aankoms- en vertrekdatum tussen 3 November en 18 Desember (dit is van toepassing op midweke en naweke, asook kampering en alle akkommodasie). Hierdie aanbod is slegs geldig vir besprekings wat aanlyn gemaak word. Inbelbesprekings sal nie vir die afslag in aanmerking kom nie. Standaardbepalings en voorwaardes geld.
Dit werk só:
- Klik op https://lede.atkv.org.za/.
- Gebruik die gebruikersnaam wat jy per e-pos ontvang het. Indien jy nie ’n e-pos ontvang het nie, kan jy 011 919 9000 kontak. As jy nog toegang het toe die e-posadres wat jy verskaf het toe jy ’n lid geword het, kan jy die "Gebruikersnaam vergeet"-skakel klik en die stappe volg.
- Vul dié teks in die gebruikersnaam-spasie in.
- Klik dan op “wagwoord vergeet”.
- Jy sal nou die nodige stappe volg om ’n nuwe wagwoord te skep.
- Gebruik dus voortaan dié wagwoord saam met jou e-posadres op toegang tot dié platform te kry.
- Op jou ledeprofiel sal jy ’n “Oordbesprekings”-skakel sien waarop jy kan klik.
- Daarna sal jy ’n keuse van oorde hê, klik op die oord van jou keuse, en siedaar, gerieflike en veilige aanlyn besprekings!
Die volgende bepalings en voorwaardes geld:
- Deur van hierdie aanlynbesprekingsportaal gebruik te maak, bevestig jy dat jy jou verbind tot die volgende reëls. Indien die reëls oortree word, sal jou bespreking gekanselleer word, sal inbetaling volgens die nielidtarief moet geskied en kan jou lidmaatskapstatus heroorweeg word.
- Lede mag slegs een eenheid per besprekingsperiode teen die lidtarief bespreek. Indien twee of meer eenhede vir dieselfde besprekingsperiode verlang word, kan een eenheid deur hierdie portaal bespreek word en addisionele eenhede kan by www.atkvoorde.co.za/bespreek bespreek word.
- Lede mag onder geen omstandighede die internetskakel (URL) met nielede deel nie. Nielede wat die skakel gebruik om ’n bespreking te maak, sal die volle jaarlikse ledegeld of die verskil tussen die lid- en nielidtarief moet inbetaal.
- Die lid onder wie se naam die bespreking gemaak is, moet tydens aankoms teenwoordig wees met hul ID-dokument/paspoort as bewys. Die lid moet ook vir die volle duur van die bespreekte verblyf op die oord teenwoordig wees.
- Die standaardoordbepalings en -voorwaardes geld steeds, sowel as die aanlynbesprekingsvoorwaardes wat hier beskikbaar is. Volg ons gerus op ons sosialemediaplatforms om op die hoogte te bly van die nuwe aanlynbesprekingsisteem.
’n Volledige gebruikersgids sal binnekort beskikbaar wees.
Indien jy vashaak op die stelsel, skakel 011 919 9000.