ATKV-Tienertoneel: 2020: Nou op jou skerm!
Ná 223 nuutgeskrewe tekste, 478 mentorskapsessies en die fyn beoordeling van 255 video’s deur ons bekwame beoordelaarspaneel is ons hier… die ATKV-Tienertoneelfinaal 2020.
Die formaat is dalk heeltemal anders as waaraan jy gewoond is, maar ons jong deelnemers het vanjaar bewys hoe aanpasbaar hulle kan wees, selfs al tref ’n wêreldpandemie jou. Hulle was ons bron van inspirasie om die ATKV-Tienertoneelfinaal aan te pas en om sodoende hierdie jong talent te vier, deur dit digitaal op 14 November 2020 om 18:00 na jou skerm te bring.
Die finaal is nuut, vars en blink gepolitoer nadat die mentors vir ’n laaste keer met ons Super 12 finaliste kon werk.
Die SUPER 12 ATKV-Tienertoneelfinaliste vir 2020 is:
Alma van Heerden van die Kuswag Skool.
Anja Pieterse van die Hoërskool Stellenbosch.
Chrizelle Strydom van die Hoërskool Upington.
Eckard van Heerden van Grey-Kollege Sekondêr Bloemfontein.
Elzaan Daniels van die Hoërskool Jan van Riebeeck
Jeanne-Marié Koekemoer van die Hoërskool Stellenbosch
June Kruger van die Hoërskool Parel Vallei
Jurie Boshoff van die Hoërskool Hugenote
Lisa Kukard van die Hoërskool Durbanville
Merwe van Gent van die Hoërskool Wesvalia
Nichola Viviers van die Hoër Meisieskool Bloemhof en
Ninke Theron van die Hoërskool Stellenbosch
Jacques Bessenger, bekende akteur en mentor op ons beoordelaarspaneel, sê kykers sal verbaas wees oor hoe kreatief ’n tiener werklik kan wees op hulle eie in hulle eie spasie in ’n baie vreemde tydperk.
“Ek dink ons onderskat tieners. Deur die video’s te kyk sal mense saam met my besef dat hulle soveel meer het om te bied as waarvoor ons hulle krediet gee.”
Skakel op die ATKV se webwerf, YouTube-kanaal of Facebookblad in op Saterdag 14 November om 18:00.
Die program sluit af met ’n spogprysuitdeling waar die wenners aangewys word en heelwat verrassings op kykers wag.