Skip to the content

Kyk, hier is die ATKV-DigiSpanpraatwenners!

Ondanks die Covid-19-pandemie het jong redenaars die geleentheid aangegryp om hul debuut in die splinternuwe kompetisie ATKV-DigiSpanpraat te maak.

Deelnemende spanne kon kies om hulle skerp redenasies in die kategorieë vir Afrikaans Huistaal en Afrikaans Addisionele Taal te lewer.  

Spanne het grotendeels in graadverband deelgeneem. Daar was ook ’n kategorie vir families en/of vriende van verskillende ouderdomme.

Spanne het hulle gekose onderwerpe met kreatiewe invalshoeke, innoverende uitgangspunte en genoeg gees en ywer getakel!

Vir die beoordelaars was die digitale beoordeling ’n nuwe en interessante ervaring.

Volgens Johan Esterhuizen, bestuurder: jeugprojekte by die ATKV, was die standaard oor die algemeen baie hoog en die leerders was baie goed afgerond.

“Die vlak van redenering en die hantering van die onderwerpe het die beoordelaars baie beïndruk. Hope energie en spangees het gesorg vir boeiende sessies van beoordeling. Ek weet dit was vir die beoordelaars ’n reuse-voorreg om hierdie werk te beoordeel,” sê Johan.

Vir die ontwikkeling van ’n jong mens se intellek, waardes en voorbereiding vir geloofwaardige burgerskap, is ATKV-DigiSpanpraat onontbeerlik. Só sê Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof: taal en kultuur.

“Ons land se jong mense het nodig om vrae te vra, die status quo te bevraagteken en aktuele sake van die dag aan te spreek. Die projek skep ook ’n geleentheid vir gesonde wedywering onder mekaar en vir spangees.”

Die wenspanne is soos volg:

Graad

Kategorie

Instansie

Spanlede

Onderwerp

1

Afrikaans Huistaal

Laerskool Lynnwood

Josua Leeuwener

Ons graad eentjie-parrabeentjies het iets op die hart!

Nina Curtis

Miané Swanepoel

Livi Engelbrecht

 

Graad

Kategorie

Instansie

Spanlede

Onderwerp

2

Afrikaans Huistaal

Laerskool Lynnwood

Ayva Potgieter

Die gezoem van die bye om die dorings van turksvye.

Emke Pieterse

Lisa Botha

Kara Breed

 

Graad

Kategorie

Instansie

Spanlede

Onderwerp

3

Afrikaans Huistaal

Laerskool Lynnwood

Rubert Pieters

Sjokolade is goed vir jou, sjokolade verstaan!

Lienka Lamprecht

Alexi Engelbrecht

Bella Nel

 

Graad

Kategorie

Instansie

Spanlede

Onderwerp

4

Afrikaans Huistaal

Laerskool Lynnwood

Mia Potgieter

Die vere maak nie die voël nie – ons is mos immers nie voëls van enerse vere nie ...

Inge Hattingh

Layla Coetzee

Leham Swanepoel

 

Graad

Kategorie

Instansie

Spanlede

Onderwerp

5

Afrikaans Huistaal

Laerskool Anton van Wouw

Krisjan du Plooy

Kookkuns moet ’n verpligte skoolvak wees!

Adrie de Beer

Leo Fourie

Hermann Kluge

 

Graad

Kategorie

Instansie

Spanlede

Onderwerp

6

Afrikaans Huistaal

Bryanston Parallel Medium

Laya Lambert

MEERTALIGHEID gee jou ’n kognitiewe hupstoot!

Gené Bronkhorst

Lindie Louw

Miné van Greune

 

Graad

Kategorie

Instansie

Spanlede

Onderwerp

7

Afrikaans Huistaal

Laerskool Jan Celliers

Christiaan Theron

Taalverskynsels wat ons taaltoekoms te nakom.

Emile du Toit

Stefan Kapp

Juwan Wessels

 

Graad

Kategorie

Instansie

Spanlede

Onderwerp

8

Afrikaans Huistaal

Hoërskool Zwartkop

Jessica Pretorius

Die hiërargie van dwase.

Emma Thompson

Alexa Retief

Morne Kruger

 

Graad

Kategorie

Instansie

Spanlede

Onderwerp

9

Afrikaans Huistaal

Hoërskool Eldoraigne

Valri Wassermann

Ouers moet hul tieners toelaat om sosiale media te gebruik!

Zander Plomp

Jayden Berry

Jordan Human

 

Graad

Kategorie

Instansie

Spanlede

Onderwerp

10

Afrikaans Huistaal

Hoërskool Kempton Park

Xanthus Matthee

Sosiale platforms sit die murg terug in tieners se pype.

Sarel Erasmus

Alda Mostert

Mia Gildenhuys

 

Graad

Kategorie

Instansie

Spanlede

Onderwerp

11

Afrikaans Huistaal

Hoërskool Eldoraigne

Christiaan Roux

Kommin kraai koning!

Leandré van Dijk

Liné Crafford

Anchen du Plessis

 

Graad

Kategorie

Instansie

Spanlede

Onderwerp

12

Afrikaans Huistaal

Hoërskool Fichardtpark

Tiaan Herbst

Sosiale media het ’n negatiewe invloed op die hedendaagse adolessent.

Charne Griessel

Mia Coetzer

Cobus Uys

 

 

Kategorie

Instansie

Spanlede

Onderwerp

Familie

Afrikaans Huistaal

Gladdebekke

Stefan du Preez

’n Boer vra nie baie nie.

Liané du Preez

Mia du Preez

Kaelee du Preez

 

* Geen inskrywings is in die kategorie vir Afrikaans Addisionele Taal ontvang nie.