Skip to the content

ATKV-Kinderboektoekennings 2021: Hier is die wenners

Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. 

Die beoordelaars van hierdie toekennings is jong lesers self. Dit onderskei hierdie projek van alle ander toekennings.

Die ATKV-Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en leesbevordering aan te moedig. Terselfdertyd word erkenning verleen aan skrywers, uitgewers en illustreerders vir hul toegewyde werk.

Die jongspan se keuses vir die beste kinderboeke van die jaar is soos volg:

Voorleeskategorie: Graad RR en graad 1

  • Skrywer: Jaco Jacobs (Pan Macmillan SA) – Moenie die melk vergeet nie
  • Illustreerder: Linki Brand (LAPA Uitgewers) – Magriet die stadshoender

Selfleeskategorie: Graad 2 en graad 3

  • Skrywer: André Trantraal (LAPA Uitgewers) – Keegan en Samier: Die sokker-fiasko
  • Illustreerder: Tumi K. Steyn (Pan Macmillan SA) – Minki in die middel 

Selfleeskategorie: Graad 4 en graad 5

  • Skrywer: Jaco Jacobs (Pan Macmillan SA) – Oupa Zombie
  • Illustreerder: Theodore Key (Pan Macmillan SA) – Oupa Zombie

Selfleeskategorie: Graad 6 en graad 7

  • Skrywer: De Wet Hugo (Human & Rousseau) – Grilgrypers 6: Die geheim van die spookwerf

Selfleeskategorie: Graad 8 tot graad 10

  • Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) – Offers vir die vlieë