
As jy ’n oopkop-denker in graad 10 en 11 is, bied die ATKV-Jeugberaad jou die geleentheid om saam te kom gesels oor politiek, ekonomie, onderwys, tegnologie en die samelewing. Daarbenewens is dit ook vet pret!
Vir meer inligting oor die ATKV-Jeugberade kontak vir Annemarie Alberts by annemariea@atkv.org.za of 011 919 9066.
e-Beraad: ’n Jeugberaad met skop
Die Covid-19-pandemie het so ’n bietjie die ATKV se planne vir die ATKV-Jeugberaad in die wiele gery. In die lig daarvan het ons dit goed gedink om ’n paar inspirerende video's met jou te deel totdat ons weer in lewende lywe saam kan kuier.
Ons het gaan kers opsteek by:
G.P. van Rheede van Oudtshoorn, ’n konsultant en spreker wat spesialiseer in korporatiewe kommunikasie. G.P. gesels oor "Maak die gasbottel vol".
Albert van Wyk, eiendomsbelegger, entrepreneur en skrywer van topverkoper “How to become a millionaire at 22”. Albert gesels oor "Baksteen vir baksteen".
Handré Meyer, proponent, wetenskaponderwyser en Jeugberaad 2019-programleier. Handré gesels oor "Veerkragtigheid is vier-letter woord".
Manie Botha, nuwegenerasiespesialis en leierskapafrigter. Manie gesels oor "Sleutels tot persoonlike groei".
Tarien Steinberg, onderwyseres by die Hoërskool Witteberg. Tarien gesels oor "Seisoene van die lewe".
Dr. Francois Naudé, motiveringspreker vir onderwysers, bekroonde onderwyser, doktorsgraad in wetenskaponderwys, en stigter van maatskappy Phoenix Education Engineers. Francois gesels oor "Hoe om angs en hopeloosheid te hanteer soos ’n superonnie".
Lehandi Eygelaar, onderwyser by die Hoërskool Dirkie Uys en Jeugleiersimposiumprogramleier. Lehandi gesels oor “Kom ons wees hoop”.