Skip to the content

Toekennings

ATKV-Kinderboektoekennings

Kinderboektoekennings

Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon. Wat dié kompetisie so enig in sy soort maak, is dat die beoordelaars die jongspan self is.

jacques myburgh atkv-mediaveertjies 2018

Mediaveertjies

Die ATKV-Mediaveertjies vereer die blinkste sterre in die mediabedryf vir hul uitstekende werk en deursettingsvermoë. Finaliste ding mee in die luister-, lees- en kykkategorieë en word tydens ’n glansgeleentheid bekroon.

sertifikate atkv

Sertifikate

Die ATKV verleen graag erkenning aan leerders wat in Afrikaans as taal presteer. Om hierdie rede verskaf ons gratis sertifikate aan skole wat tydens prysuitdelingsgeleentheid oorhandig kan word.

Woordveertjies

Die ATKV-Woordveertjies word aangebied om uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaanse woord te bekroon. Van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse skrywers en illustreerders het al met ’n veer in hul hoed weggestap.