Kultuurprojekte

Afrikaanse Olimpiade
Is jy ’n boffin as dit by Afrikaans kom? Dan is die Afrikaanse Olimpiade vir leerders van graad 7 tot graad 12 net vir jou. Kom toets jou tegniese taalvaardighede in Afrikaans Huistaal en Afrikaans eerste addisionele taal.

Applous
Kom spog met jou koor by die oudste skoolkoorkompetisie in die land. By ATKV-Applous kry leerders die geleentheid om hul liefde vir Afrikaans en koorsang uit te leef. Laer- en hoërskoolkore kan deelneem.

Debat
Die ATKV-Debatskompetisie bied ʼn platform vir raakpraters om nie net nuwe vaardighede aan te leer nie, maar ook die toekoms met selfvertroue aan te pak. Leerders sal nie net die geleentheid kry om hul sê te sê nie, maar ook leer om oopkop oor ʼn onderwerp te dink.

Entrepreneurs
Is jy die volgende Steve Jobs, Richard Branson of Oprah Winfrey? Skryf dan vir die ATKV-Entrepreneurskompetisie in. Kom stel jou entrepreneuriese vaardighede ten toon en “oefen” solank vir eendag vir wanneer jy eendag die besigheidswêreld betree.

Jeugberaad
As jy ’n oopkop-denker in graad 11 is, bied die ATKV-Jeugberaad jou die geleentheid om saam te kom gesels oor politiek, ekonomie, onderwys, tegnologie en die samelewing. Daarbenewens is dit ook vet pret!

Jeugleiersimposium
Die ATKV-Jeugleiersimposium maak nuut verkose graad 6- en graad 11-leiers se hande sterk om hul nuwe rol met selfvertroue aan te pak. Kom ontwikkel leierskapvaardighede wat jou ’n leeftyd gaan hou.

Redenaars
Die ATKV-Redenaarskompetisie is een van die ATKV se oudste kompetisies. As jy ’n raakprater in graad 1 tot graad 12 is en nie huiwer om jou sê te sê nie, bring jou beste oorredende toespraak en kom wys jou slag.

Tienertoneel
Kom leef jou kreatiwiteit op die verhoog en agter die verhoog uit tydens ATKV-Tienertoneelkompetisie. Die kompetisie van die ATKV sorg vir onvergeetlike teater, hope talent en asemrowende nuwe tekste.

Tjokkertoneel
Met ATKV-Tjokkertoneel word laerskole aangemoedig om kinders bloot te stel aan teaterkuns en drama deur middel van mini-tonele en spreekkore (juniors).