Skip to main content

ATKV-Kopskuif vir hoërskole en laerskole het ten doel om gehalteonderwys te ondersteun in skole deur:

  • In skole en gemeenskappe te werk wat die waardes van die ATKV en inklusiwiteit ondersteun om gesonde Afrikaanse netwerke te vestig en uit te brei.
  • Skoolgemeenskappe met lewensvaardighede te bemagtig wat hulle in staat sal stel om verantwoordelikheid te neem vir hulle eie skoolomgewing en die leerders se opvoeding.
  • Skole te ondersteun om hulle leerders te lei, en om hulle kultuur, kennis en kreatiwiteit te ontwikkel sodat die leerders as toekomstige leiers van Suid-Afrika ’n onmisbare deel van nasiebou en versoening sal wees.
  • Sosiale en ekonomiese vooruitgang op ’n volhoubare wyse te ontwikkel.

Wie kan aan ATKV-Kopskuif deelneem?

  • Opleiding vir die skoolbestuurspan;
  • Motiveringsessies vir die opvoeders;
  • Motivering- en leerstrategiesessies vir die leerders;
  • Bemagtigingsessies vir die ouers;
  • Opleiding vir die beheerraadslede; en
  • Opleiding vir die niedoserende en administratiewe personeel.

Elke program word uniek ontwerp om by die kring, munisipale distrik of forum se behoeftes en die beskikbare begroting te pas.

Vir meer inligting kontak vir André Hendricks by andreh@atkv.org.za of by 082 411 1333.

Luister ook na Kopskuif

Mercia Eksteen gesels elke Saterdag op Radio Kaapse Kansel oor aktuele onderwyssake. Laai gerus die potgooi hier af.