Die ATKV is in 1930 in Kaapstad deur twaalf mense gestig as ’n organisasie waar mense die lekkerte van Afrikaans-wees met mekaar kon deel. Vandag is dit dié Afrikaanse kultuurtuiste met ongeveer 70 000 hooflede en 30 kultuurprojekte per jaar wat bykans 55 000 inskrywings genereer en meer as 220 000 mense regstreeks betrek! Ook op sakegebied het die ATKV vooruitgang gemaak met sewe asemrowende vakansieoorde oor die lengte en breedte in die mooiste dele van Suid-Afrika. Die ATKV spog ook met die Negester-leefstylbehuisinglandgoedere vir 50-plussers.
Die ATKV is ’n moderne voorlopermaatskappy wat dit regkry om op ’n volhoubare wyse sosiale en ekonomiese vooruitgang kweek en sodoende verseker dat die Afrikaanse lewende erfenis uitgebou en bewaar word.