Skip to main content

By die ATKV is taal en kultuur die as waar alles om draai … Goed geolie met eindelose interessanthede vir musieklikes, kultuurlikes, leergieriges en nuuskieriges. En ’n lorrievrag lekkertes vir plesieriges! 

Hoekom 'n ATKV-lid word?

Jou ledegeld van R125 per maand of R1 350 per jaar stel ons in staat om die Afrikaanse taal en kultuur deur middel van verskeie projekte te bevorder. Klik hier vir die ATKV-lidgids of klik hier vir die ATKV-Lidmaatskapvoordele.

Afrikaans

Die grootste voordeel wat jy as ’n lid geniet, is om rustig te wees in die wete dat ons namens jou die Afrikaanse taal en kultuur op nasionale vlak bevorder en aan jou die geleentheid bied om in die pret te deel!

Ad hoc-voordele

Die ATKV beding deurlopend kultuurvoordele – soos bv. spesiale afslag op produksies, musiek-aande en ander aktiwiteite – vir sy lede wat gewoonlik vir beperkte tye geld. Hou die ATKV se webwerf dop vir meer hieroor.

Taalgenoot

Taalgenoot (TG) vertel al jare lank die stories wat die volkleurwêreld van Afrikaans laat tiek. Die redaksie streef na uitnemendheid en verandering. ATKV-lede ontvang hierdie tydskrif gratis.

Gratis boek

Lekker Afrikaanse boeke is deel van ons kultuur en daarom kan lede elke jaar na ’n gratis boek uitsien. Die doel van hierdie voordeel is om lees te bevorder.

Strategiese vennote

Die ATKV beding voordele vir sy lede en die volgende is reeds beskikbaar.
Bekostigbare begrafnisdekking deur AVBOB
Geniet afslag op boekaankope by Exclusive Books
Afslag op aankope by Diemersfontein Wynlandgoed
Motor- en Huisinhoudversekering by Auto & General
Afslag op jaarintekening by JA
Gratis testament by Capital Legacy
Toegang tot AA-voordele en mediese ondersteuning deur CASI

ATKV-Oorde

As lid is jy ook geregtig op voorkeurbesprekings by enige van die ATKV se sewe vakansieoorde. ATKV-lede kwalifiseer ook vir afslag. Om tariewe sakpas en mededingend te maak is daar vir ATKV-lede ’n spesiale lidtariefstruktuur.

Tjiengelieng

Tjiengelieng word toegeken aan ATKV-lede wat ’n buitengewone bydrae lewer tot die uitbou van ons missie en visie, veral vir aktiewe betrokkenheid by ATKV-takke. Tjiengelieng kan by ATKV-Oorde aangewend word. Een Tjiengelieng is gelyk aan R1-afslag.

Kontak ons

Vir meer inligting oor ATKV-lidmaatskap kontak een van ons konsultante by 011 919 9000 of e-pos ledesake@atkv.org.za.

Word ’n lid (aanlyn)

Jy kan nou aanlyn vir lidmaatskap aansoek doen. Volg die skakel, voltooi die vorm en word deel van die ATKV-familie.

Laai die aansoekvorm af

Indien jy meer gemaklik is om ’n aansoekvorm af te laai volg die skakel, voltooi die vorm en faks of e-pos dit vir ons. Please click here for an English form.