Skip to main content

Sluit vandag jou besigheid by die ATKV-Personeelskema aan en help jou personeel om betrokke te raak by die goeie werk wat die ATKV doen.

Vir slegs R125 per personeellid per maand, kan jy die ATKV help en bemagtig.

Wat is die voordeel vir jou werknemers?

Elke werknemer sal vir al die ATKV-lidmaatskapvoordele kwalifiseer, wat onder meer insluit:

  • Die geleentheid om te help om ’n werklike verskil te maak.
  • 10% tot 30% afslag op onbeperkte besoeke aan enige van die sewe oorde, enige tyd van die jaar, plus toegang tot addisionele promosies regdeur die jaar.
  • Voorkeurbesprekings vir spitsseisoene.
  • Een jaarlikse Exclusive Books-geskenkbewys ter waarde van R200.
  • Tjiengelieng ter waarde van R1350 per jaar vir lede wat ’n besondere bydrae lewer in takverband.
  • ’n Gratis uitgawe van Taalgenoot elke seisoen en Nuusgenoot
  • Toegang tot spesiale aanbiedings van die ATKV se strategiese vennote. Dit sluit onder meer in:
  • Verlaagde tariewe vir subskripsies op die CASI-veiligheidstoep, wat padbystand en nooddienste in samewerking met die AA aanbied.
  • Kompeterende premies op Auto & General-korttermynversekering.
  • Verlaagde tariewe op AVBOB-begrafnisdekking en -dienste.
  • Promosies aangebied deur Frater Familiewyne.
  • Promosies aangebied deur Exclusive Books.
  • Verlaagde tariewe vir subskripsies op die Jou Afrikaans-stromingsdiens.

Bepalings en voorwaardes geld.

Wat is die voordele vir jou organisasie?

Behalwe dat jou organisasie geaffilieer sal wees met die goeie werk wat die ATKV doen, sal die organisasie ook die volgende voordele geniet:

  • ’n Persentasie van die lidmaatskapgelde wat die ATKV uit jou organisasie verdien, sal as krediet gestoor word om aangewend te word by enige van die sewe ATKV-spogoorde vir konferensies of spanbougeleenthede.
  • Jou besigheid sal toegang kry tot ’n profiel wat ekstern bestuur kan word, wat sal aandui hoeveel krediet beskikbaar is.
  • ’n Toegewyde konsultant sal beskikbaar wees om te help met enige navrae of besprekings.
  • Jou besigheid sal 25% afslag geniet op advertensies in Taalgenoot.
  • ’n Artikel 18A-sertifikaat sal uitgereik word vir enige bydrae tot die ATKV-Woekerfonds.

Bepalings en voorwaardes geld.

Stuur ’n e-pos aan kommersieel@atkv.org.za of jackies@atkv.org.za en ’n konsultant sal aangestel word om die proses af te skop.

Ons sien uit om jou besigheid en personeel deel van die ATKV-familie te maak!