Skip to the content

Musiek- en dansprojekte

komposisiekompetisie atkv

Komposisiekompetisie

Die doel van dié kompetisie is om Afrikaanse koorsang te bevorder deur komponiste die geleentheid te gee om nuwe, vars Afrikaanse koorwerke in te skryf wat uiteindelik in die ATKV-Applouskompetisie gesing kan word.

Muziq

Die deelnemers aan ATKV-Muziq, ’n instrumentale klassiekemusiekkompetisie vir jong volwassenes, sal jou in vervoering laat. Van ons land se voorste musici het al hul stempel in dié kompetisie afgedruk.

Muziqanto

Klassieke sang val dalk nie in jou smaak nie, maar die deelnemers aan Muziqanto sal jou voor die laaste note wegsterf anders oortuig. Die klassiekemusiek-sangkompetisie vir jong volwassenes is een van die min in die land.

Rieldans

Die rieldans is die oudste danssoort in Suider-Afrika en daar word behoorlik geruk en geriel tydens die ATKV-Rieldanskompetisie. As jy die askoek kan trap of wonder hoe dit lyk, is dié kompetisie ’n moet.