3 maklike maniere om by die ATKV aan te sluit
Jou ledegeld van R115 per maand of R1250 per jaar stel ons in staat om die Afrikaanse taal en kultuur deur middel van verskeie projekte te bevorder.
1. Jy kan nou aanlyn aansluit en betaal. Klik hier om jou profiel te skep en volg die stappe. Jy kan of die jaarlikse fooi vereffen of die maandelikse betalingsopsie kies wat presies soos ’n debietorder werk. Hou jou debietkaart of kredietkaart byderhand vir vinnige betaling.
2. Indien jy verkies om ’n debietorder te voltooi klik op "Interaktiewe vorm". Jy kan hierdie vorm aflaai, op jou rekenaar voltooi en e-pos (outomatiese stuurfunksie), of dit uitdruk, skandeer en e-pos of faks.
3. Besighede wat by die ATKV wil aansluit en aan die ATKV-personeelskema wil deelneem, kan vir Jackie Ströh by jackies@atkv.org.za kontak vir meer inligting.
Bankbesonderhede waarin ledegeld betaal kan word.
Bank: Absa
Rekeningnaam: ATKV-lede
Rekeningnommer: 017-016-6779
Takkode: 632005
Verwysing: Hooflid se identiteitsnommer
* Indien jy enige probleme ondervind om aan te sluit of enige lidnavrae het, stuur asseblief ’n e-pos aan ledesake@atkv.org.za of skakel 011 919 9000.