Die ATKV-Tienertoneelkompetisie kweek ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders. Dié oudste projek van die ATKV bied ’n platform vir talentontwikkeling en is ’n smeltkroes van kreatiwiteit. Kry ‘n blik op die kreatiwiteit en entoesiasme waarmee deelnemers die ATKV se toneelprojekte aanpak. Kom kyk na die grensverskuiwend talent van môre se groot name. |
ATKV-Crescendo, een van Suid-Afrika se oudste musiekontwikkelingsprogamme is al vir dekades die smeltkroes wat van ons land se mees bekende en geliefde Afrikaanse liedjieskrywers en sangers opgelewer het. Kom kyk hoe hierdie program deelnemers met die nodige kennis, vakmanskap, ingesteldheid en integriteit toerus, sodat hulle hul musiekloopbaan sommer van die begin af suksesvol kan afskop. Dit poog verder om kwaliteit-liedjieskrywers op te lewer wat die diversiteit van die Afrika-mark verteenwoordig. |