Skip to main content
  1. Aanvaarding van bepalings en voorwaardes

Die webtuiste www.atkv.org.za (hierna “die webtuiste” genoem) word beskikbaar gestel deur die Afrikaanse Taal- en Kultuurorganisasie (ATKV) MSW (Edms.) Bpk., registrasienommer 1962/005157/08 namens sy filiale, sekondêre maatskappye, beheermaatskappye en vennote (hierna “ATKV-MSW” genoem).

Die bepalings en voorwaardes wat hieronder uiteengesit word, insluitend enige addisionele dokument wat by wyse van verwysing geïnkorporeer word (hierna “die bepalings en voorwaardes” genoem), is van toepassing op enige persoon wat die webtuiste gebruik, dit besoek, daarna verwys, of dit besigtig (hierna “die besoeker” genoem).

Die bepalings en voorwaardes reguleer die terme en voorwaardes waaronder enige besoeker die webtuiste besoek en/of gebruik (hierna “gebruik” genoem) en die inligting, inhoud, produkte of dienste beskikbaar op die webtuiste (hierna “die inhoud” genoem) behoort aan die eienaar, sy filiale, sy sekondêre maatskappye, sy beheermaatskappye, vennote, derdeparty-verskaffers of enige ander party.

  1. ATKV-MSW se inligting

Die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002 bepaal dat wanneer goedere of dienste gelewer word deur sekere elektroniese transaksies, die verkoper van hierdie goedere sekere inligting rondom homself aan sy kliënte bekend moet maak op die webtuiste waar die goedere aangebied word.

Die Afrikaanse Taal- en Kultuurorganisasie (ATKV) MSW (in die volledige dokument word slegs verwys na ATKV) se inligting is soos volg:

Volle name en status: Afrikaanse Taal- en Kultuurorganisasie (ATKV) MSW (Edms.) Bpk. is ’n private maatskappy, met registrasienommer 1962/005157/08. ATKV-MSW is ’n taal- en kultuurorganisasie wat hom hoofsaaklik toespits op Afrikaans.

Die direkteure is:

Dr. MF le Roux (voorsitter)

Mnr. DW Lotter (visevoorsitter)

Me. DS Brits (besturende direkteur)* 

Me. CD Flemming

Mnr. PA Geldenhuys

Mnr. Robert Goff

Mnr. BR Paulse

Prof. SC Smith

Adv. HH Strauss

Mnr. TJ Truscott*

Mnr. J Schoeman (maatskappysekretaris)

*uitvoerend

Die fisieke adres en die adres vir ondertekening van dokumente is: Surreylaan 348, Randburg, Johannesburg.

Telefoonnommer: 011 919 9000

Webtuiste: www.atkv.org.za

E-posadres: atkv@atkv.org.za

  1. Die transaksie tussen jou en ATKV-MSW

Verpligtinge van jou as verbruiker:

Jy as verbruiker bevestig dat jy ouer as 18 jaar is en ’n natuurlike persoon is met handelsbevoegdheid.

Jy bevestig hiermee dat jy ’n verpligting het om ATKV-MSW te voorsien van akkurate en korrekte persoonlike inligting. Jy bevestig verder dat jy ATKV-MSW tydig in kennis sal stel van enige wysiging in jou persoonlike besonderhede, spesifiek jou kontakbesonderhede en versendingsadres.

Jy as verbruiker onderneem om die webtuiste alleenlik te gebruik vir die doel waarvoor dit bedoel en geskik is, en aangewend word. Verder onderneem jy om geen inbreuk te maak op die integriteit van die webtuiste, of enige inligting of produkte wat daarop vertoon word nie.

Jy aanvaar dat ATKV-MSW daarop geregtig is om enige redelike stappe te doen om moontlike bedrog te verhoed, insluitend die deaktivering van enige skakels.

  1. Intellektuele goedere

Alle inhoud van die webtuiste, insluitend alle data, teks, databasisse, foto’s, grafiese werke en sagteware is onderhewig aan outeursregbeskerming. Outeursreg in al die materiaal op die webtuiste behoort aan ATKV-MSW, of is aan ATKV-MSW gelisensieer. Behalwe vir beperkte en redelike private gebruik, soos bepaal in die Outeursregwet 98 van 1978, mag geen materiaal van die webtuiste sonder ATKV-MSW se toestemming gereproduseer, herversprei, of misbruik word nie.

Handelsmerke wat op die webtuiste verskyn, behoort aan ATKV-MSW, of is aan ATKV-MSW. Handelsmerke mag nie sonder toestemming gebruik word nie.

  1. Betalingsmetodes en terugbetalings

Jy kan op enige van die volgende twee maniere betaal: kredietkaart of debietkaart.

’n Volledige rekord van betalings sal gehou word vir ’n periode van 12 maande.

Indien jy geregtig is op ’n terugbetaling, sal so ’n terugbetaling op die volgende manier geskied:

Indien jy betaal het deur ’n kredietkaart te gebruik, sal die terugbetaling op die kredietkaart geskied;

Indien jy by wyse van debietkaart betaal het, sal die bedrag teen jou bankrekening gekrediteer word.

Neem asseblief kennis dat die terugbetalingsproses tot en met 7 werksdae kan neem vir goedkeuring.

  1. Vrywaring

Die ATKV-MSW of enige van sy agente of verteenwoordigers sal nie verantwoordelik gehou word vir enige skade, verlies of aanspreeklikheid van enige aard wat mag ontstaan uit die onvermoë om hierdie webtuiste te gebruik nie. ATKV-MSW kan in geen stadium waarborg lewer, geïmpliseer of anders, dat hierdie webtuiste vry van foute is nie en dat die diens 100% korrek sal funksioneer sonder enige onderbrekings of foutboodskappe nie. Indien jy enige fout sou vind op die webtuiste, kontak ATKV-MSW asseblief by die volgende e-posadres: atkv@atkv.org.za.

Inligting, idees en opinies op hierdie webtuiste moet nie gesien word as professionele advies of die amptelike opinie van ATKV-MSW nie.

Die ATKV-MSW sal verder gevrywaar word van enige eise wat voortspruit uit die gebruik van enige webtuiste, skakel of ander relevante platforms, insluitende derdepartyskakels en -platforms wat toegangklik is vanaf hierdie webtuiste.

  1. Bepalings en voorwaardes vir kompetisies en promosies

Pryse moet binne 3 maande opgeëis word vanaf die trekkingsdatum. Pryse kan nie omgeruil word vir kontant nie.

Die ATKV sal nie in onderhandelinge betrek word oor die wenners en pryse nie.

Alle kompetisies en promosies is onderhewig aan die ATKV-MSW se bestaande bepalings en voorwaardes.

  1. Privaatheid en Artikel 18 van Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting 2013

Die bepaling en voorwaardes moet saam met die volgende dokumente van die ATKV-Groep gelees word:

Al bogenoemde beleide is gepubliseer op die ATKV-MSW se webblad. (Sien skakels hierbo)

Die ATKV versamel op verskeie maniere private individue en juridiese entiteite (hierna verwys as datasubjek[te]) se persoonlike inligting. Die inligting wat versamel word, is in sekere omstandighede wel persoonlike inligting soos in die bogenoemde wet geïdentifiseer. Hiermee word kennis gee dat die Afrikaanse Taal- en Kultuurorganisasie (ATKV-Groep) die verantwoordelike party is met besigheidsadres te h/v Dover- en Surreystraat, Ferndale, Randburg.

Die inligting word versamel om aan die volgende te voldoen naamlik statutêre vereistes, veiligheidsprotokolle, logistieke behoeftes, bemarkingsvereistes en die bevordering van die ATKV-Groep se missie. Slegs die verskaffing van persoonlike inligting vir bemarkingsdoeleindes is vrywillig van aard en kan geweier word. Alle ander persoonlike inligting wat versamel word om aan die bogemelde oogmerke te voldoen moet verskaf word en indien die datasubjek dit weier sal die ATKV nie die bepaalde diens en/of voordeel kan lewer nie.

Verder meer vestig ons u aandag op die feit dat in bepalings van die volgende wette naamlik, Rampbestuur, Maatskappye en Beskerming van Persoonlike inligting, die ATKV verplig word om inligting in te win.

U inligting sal gedeel word met derde partye wat handeldryf in die volgende sektore naamlik, versekering, telekommunikasie, ens.

U as datasubjek het die volgende regte:

  • om beswaar te maak op die versameling van persoonlike inligting soos bepaal in Artikel 11(3) van die Wet;
  • Toegang te hê tot die persoonlike inligting soos versamel;
  • die regstelling van persoonlike inligting; en
  • klagtes te lê by die inligtingsreguleerder welke kontakbesonderhede die volgende is: Hoofdstraat 33, Forum III, 3de vloer, Braampark, Johannesburg, Gauteng. E-posadres: complaints.IR@justice.gov.za
  1. Toepaslike reg, wetgewing en regulasies

9.1 Algemeen

Die ATKV-MSW is onderworpe aan die volgende regulasies en wetgewing:

  • die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 met betrekking tot enige produkte verkoop deur ATKV-MSW deur sy webtuiste; en
  • die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies 25 van 2002 met betrekking tot ATKV-MSW se betalingstelsels en sekuriteit; en
  • die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, 4 van 2013 met betrekking tot persoonlike inligting wat bekom is deur die gebruik van die webtuiste; en
  • die Wet op Outeursreg 98 van 1978 met betrekking tot hierdie webtuiste en enige produkte verkoop deur ATKV-MSW deur sy webtuiste; en
  • die Wet op Handelsmerk 194 van 1993 met betrekking tot hierdie webtuiste en enige produkte verkoop deur ATKV-MSW deur sy webtuiste; en die Grondwet 108 van 1996 met betrekking in die algemeen.

9.2 Jurisdiksie

Hierdie webtuiste word geberg, gekontroleer en bedryf vanuit die Republiek van Suid-Afrika en is daarom onderworpe aan die Suid-Afrikaanse wetgewing. Die Suid-Afrikaanse Reg sal van toepassing wees op enige moontlike geskil, transaksie, of interpretasies van hierdie bepalings en voorwaardes.

Partye stem verder toe tot die eksklusiewe jurisdiksie van die landdroshof in Pretoria, Gauteng, Suid-Afrika, nieteenstaande waar ’n geskil of transaksie ontstaan, of die webtuiste geberg word.

9.3 Moontlike geskille

Jy moet die ATKV-MSW binne 7 dae vanaf die ontstaan van die geskil daaroor inlig deur ’n e-pos te stuur aan atkv@atkv.org.za of deur 011 919 9000 te skakel.

Indien die ATKV-MSW en jy nie hierdie geskil direk en informeel kan oplos binne 30 dae nadat die ATKV-MSW in kennis gestel is van die geskil nie, sal die geskil verwys word vir arbitrasie, wat hanteer sal word deur ’n onafhanklike arbiter, wat deur jou en die ATKV-MSW goedgekeur sal word. Indien die ATKV-MSW en jy nie tot ’n vergelyk kan kom oor die arbiter nie, sal arbitrasie na die Arbitrasiestigting van Suid-Afrika (AFSA) verwys word. Die uitkoms van die arbitrasie sal geag finaal en bindend te wees.

Die ATKV-MSW en jy kan egter skriftelik ooreenkom om enige geskil tot mediasie te verwys, voor enige arbitrasie plaasvind. Mediasie sal hanteer word deur ’n verteenwoordiger van De Kock Prokureurs Ingelyf, en enige voorstelle deur die mediator sal as bindend en finaal geag word.

Enige geskil wat voortvloei uit die gebruik van hierdie webtuiste moet as volg benader word:

9.4 Wysigings

Die ATKV-MSW behou hom die reg voor, om van tyd tot tyd, sonder kennisgewing aan jou, die inhoud van hierdie webtuiste, insluitende inligting, produkte en pryse daarop, asook die inhoud van hierdie bepalings en voorwaardes, te wysig.

Die partye aanvaar verder dat e-pos-kommunikasie genoegsaam is om te voldoen aan die regsvereiste om “skriftelik” te wees, waar skriftelike kennisgewings van wysigings van jou verskaf moet word ingevolge hierdie bepalings en voorwaardes, mits die integriteit van jou e-posadres nie onder verdenking is nie, en nie outomaties geblok word deur ATKV-MSW se diensverskaffers nie.

ATKV

ATKV-hoofkantoor
h/v Dover- en Surreystraat
Ferndale
Randburg

Aanwysings

WhatsApp-nommer: 082 654 7577
E-pos: atkv@atkv.org.za
Tel. 011-919-9000