Skip to main content

Die ATKV trap al vir 92 jaar diep spore in die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap. Gemeenskappe bly die spil waarom die ATKV se doen en late draai en dit is vir ons belangrik om ons erfenis te
beskerm, uit te bou en ’n blywende nalatenskap agter te laat.
 
Om volhoubare ondersteuning te bied aan projekte wat erfenis vier, lees bevorder en kinders met hul voorskoolse ontwikkel by te staan, het ons jou hulp nodig.

Jou bydrae – klein of groot – gaan ons lewende erfenis uitbou en beskerm, die wêreld van woorde en stories aan kinders bekendstel en vir kleuters tussen drie en ses jaar die geleentheid gee om die fondament te lê vir ’n beter toekoms.

Vir meer inligting of om ’n donasie aan die ATKV te maak, kontak Wendy Homann by 011 919 9000 of stuur e-pos na woekerfonds@atkv.org.za.

ATKV-taklede kan ook met Wendy gesels as hulle hul Tjieng vir die ATKV-Woekersfonds wil skenk.