Skip to main content

ATKV-DigiToneel – Joú speelgeleentheid vir kamera!

Ná die suksesvolle vervaardiging van die ATKV se eerste realiteitsreeks vir televisie, Gekies vir die Kollig, kry deelnemers in 2022 weer die geleentheid om hul spel vir kamera te ontwikkel en hul buiging op televisie te maak. ATKV-DigiToneel is ’n voorloper platform vir tieners om hul eie monoloë onder ’n nuwe tema-wolk te skryf en dan vir beoordeling te verfilm. Ontwikkel jou spel vir kamera en gee jou skryftalent vlerke saam met ons mentors! Die ATKV gaan hierdeur in sy doel slaag om ’n liefde vir toneelskepping en film te bevorder deur op kameraspel en die skryf van tekste te fokus.

Deelnemersgids 2023

Digitale Monoloogbundel

Die beste nuutgeskrewe monoloë wat ingeskryf sedert die projek se ontstaan in 2020 is nou beskikbaar in ’n lekkerlees-, digitale formaat.

Kom reis saam met jong stemme wat jou sal laat lag, huil en moontlik ook jou asem wegslaan.

Kontak Ons

JJ van Niekerk
ATKV-DigiToneelprojekorganiseerder

jj@atkv.org.za
076 391 3414