Die ATKV-Skryfskool fokus op die ontwikkeling van aspirantskrywers deur middel van nasionale skryfwerkswinkels.
Daar word verskeie kursusse vir 2023 beplan.
Een van die kursusse vind plaas tydens die Vrystaat Kunstefees.
Verhaalslypskool – Vrystaat Kunstefees
Hoe kry ’n mens die storie geskryf wat in jou kop bly maal? Is daar ’n skryfproses wat werk? Met watter verhaalboustene gaan jy te werk, en hoe, as jy ’n geslaagde verhaal wil skep? Wat kan jy doen om die kanse te verbeter dat jou verhaal vir publikasie aanvaar sal word?
Woon die ATKV-Skryfskool se verhaalslypskool by die Vrystaat Kunstefees by om meer te wete te kom.
Donderdag 13 Julie
09:00 - 13:00
HvdMerwe Scholtzsaal
Aanbieder: Hans du Plessis
Koste: R200
Koop ’n kaartjie by Webtickets (www.webtickets.co.za).
Vir navrae kontak Ronel Grundlingh by ronelg@atkv.org.za.