Skip to the content

ATKV-Kopskuifprojek

ATKV-Kopskuif presteer op die radiogolwe

Die ATKV-Kopskuif-projek is bekend daarvoor dat dit onderwysers en leerders inspireer en bemagtig, maar deesdae vind dit ook op die draadloos plaas en honderde skoolgemeenskappe baat uit dié topradioprogram. ATKV-Kopskuif, wat weekliks op Kaapse Kansel aangebied word, is onlangs aangewys as die radiostasie se topprogram met die meeste luisteraars.

ATKV-Kopskuif dien skoolgemeenskap tydens pandemie

Die ATKV se Kopskuifprogram vir hoërskole en laerskole het ten doel om gehalteonderwys te ondersteun in skole en motiveringsessies en werkswinkels aan te bied.  

kopskuif

ATKV-Kopskuif motiveer Noord-Kaapse matrikulante

ATKV-Kopskuif het besluit om die naweek van 6 Maart ’n matriekkamp in Vioolsdrif vir matrikulante van die S.A. van Wyk Sekondêre Skool in Springbok aan te bied.

ATKV-Kopskuifprogram verskuif grense

Die ATKV-Kopskuifprogram onder leiding van Melvina Mason Hearne het weer eens grense verskuif met die bereiking van hoër- en laerskoolleerders in die Robertson-omgewing (die Kaapse Wynland Onderwysdistrik).

kopskuif

Langebergarea maak ’n "kopskuif"

Danksy die inisiatief van wyksraadslid van Bonnievale is die ATKV-Kopskuifprogram nou in die Langebergarea bekendgestel – ’n eerste in dié streek.