Skip to the content

DigiToneel

ATKV Digitoneel Toneel Gekies vir die Kollig ViaTV

ATKV-DigiToneel se top-16 toor met 2022-temawolk

ATKV-DigiToneel-top-16 bekend! Ná die suksesvolle vervaardiging verlede jaar van die ATKV se eerste realiteitsreeks vir televisie, Gekies vir die Kollig, het deelnemers aan ATKV-DigiToneel in 2022 weer die geleentheid gebruik om hul spel vir kamera te ontwikkel en moontlik hul buiging op TV te maak. Die eerste ronde het in April plaasgevind en ons semi-finaliste is bekend!

DigiToneel Elzaan Daniels wenner

Elzaan wil haar stories deel

Die akteur wat kan spog dat sy vanjaar gekroon is as die wenner van die ATKV se DigiToneel-kompetisie is Elzaan Daniels van Elsiesrivier in die Kaap. Elzaan het vanjaar haar matriek aan Hoërskool Jan van Riebeeck voltooi en het met haar inskrywing, My future is innie verliede, die mentorbeoordelaars van vanjaar se kompetisie oortuig van haar talent. Haar teks, geskryf in Kaaps, deel die rou emosie van ʼn vrou wat voel dat niemand na haar luister nie. Ook nie die Here nie. Dan neem sy onverantwoordelike besluite wat uiteindelik baie slegte gevolge inhou.

Geen droom is te groot nie

Zara van der Westhuizen het die mentorbeoordelaars van 2021 se ATKV-DigiToneelkompetisie veral beïndruk met haar natuurlike spel in haar monoloog Kop. Sy het daarmee die derde plek verower in hierdie kompetisie. Zara verklap dat sy ’n televisieslaaf is wat graag misdaad- en spanningsreekse kyk, maar ook dol is oor periodedramas.

Bestem om akteur te wees

In 2021 se ATKV-DigiToneelkompetisie, het Themelios Demas weggestap met die tweede plek met sy monoloog Dis mos wat pa’s doen.

Jong talent en groot passie is gekies vir die kollig

Die ATKV het vanjaar die teatergrense verskuif met sy DigiToneelkompetisie deurdat die top-10-finaliste hulle buiging gemaak het in ons eie nuutvervaardigde realiteitsreeks vir Via, Gekies vir die Kollig, op DStv-kanaal 147.  

ATKV-DIGITONEEL 2021 se top-monoloë gepubliseer!

Die ATKV ontgin voortdurend nuwe skryftalent en het die beste, nuutgeskrewe monoloë wat tieners self vir vanjaar se ATKV-DigiToneelkompetisie geskryf het in ’n bundel saamgevat. 

ATKV-DigiToneel se TOP 10 gaan skitter op TV

Die ATKV-DigiToneelkompetisie mag dalk nog in sy kinderskoene staan, maar die TOP 10 is afgerond, kreatief en word nie deur die uitdagings van die samelewing ingeperk nie.

ATKV-DigiToneel 2021: En die TOP 20 is ...

Vir maande lank al word ons daaglikse wel en wee deur die Covid-19-pandemie belemmer, maar een ding wat definitief nie ingeperk is nie, was die kreatiwiteit van die deelnemers aan ATKV-DigiToneel 2021. Nodeloos om te sê het dit vanjaar kopkrap geverg om die TOP 20 aan te wys.