Skip to the content

Heerlike kampresepte: Kola-vlerkies en chakalaka

Heerlike kampresepte: Kola-vlerkies en chakalaka


Een van die lekkerste dinge van kamp, is seker tog die kos? Sjef Lesego Semenya van @LesDaChef het op een van die ATKV-oorde gaan kuier en heerlike kola-vlerkies en chakalaka op die vuur gemaak. Probeer dit gerus tydens jou volgende kampnaweek.

Só maak jy die chakalaka

Bestanddele:

  • 125 gram botter
  • 2 rooi uie
  • 4 rooi tamaties, gekap
  • 1 groen soetrissie, gekap
  • 1 rooi soetrissie, gekap
  • 1 blikkie sousboontjies
  • 3 gerasperde wortels
  • 1 koppie suikermielies – braai die mielies op die vuur voordat jy dit afsny.
  • ½ teelepel gekapte knoffel
  • 2 teelepels gekapte rissies
  • 1 teelepel paprika
  • 1 teelepel rooipeper
  • 1 teelepel masala
  • ½ teelepel koljander
  • ½ teelepel sout

Metode:

  • Smelt al die botter in ’n pan.
  • Voeg die rooi uie by en braai in die botter totdat dit deurskynend is.
  • Voeg nou die res van jou bestanddele een-vir-een by in die pan. Moenie die speserye byvoeg nie.
  • Roer die pan goed ná elke bestanddeel wat jy byvoeg.
  • As jy alles in die pan bygevoeg het, haal dit van die vuur af.
  • Sit jou chakalaka in ’n bak en voeg dan al die speserye by.
  • Roer goed.
  • Chakalaka is lekker warm of koud.
  • Geniet!

Só maak jy die kola-vlerkies

Bestanddele:

  • 12 hoendervlerkies
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 teelepel sout
  • 2 teelepels uievlokkies.
  • 1 liter kola
  • 2 eetlepels bruinsuiker
  • ½ koppie sojasous

 Metode:

  • Plaas die knoffel in ’n pan op hoë hitte en laat dit bruin word.
  • Voeg die uievlokkies by.
  • Gooi die kola in ’n pan en voeg al die ander bestanddele by.
  • Kook vir 30 minute of totdat die mengsel dik is.
  • Verwyder van die vuur af en sit eenkant om af te koel. Die marinade sal dikker word soos dit afkoel.
  • Wanneer die marinade afgekoel het, gooi dit bo-oor die hoendervlerkies.
  • Marineer vir ’n minimum van 30 minute.
  • Braai die hoedervlerkies totdat dit gaar is.
  • Geniet!

Bespreek vandag nog jou volgende vakansie by https://www.atkvoorde.co.za/bespreek/.